Va­lu­ta-knoei­e­ry: Kom­mis­sie ge­dul­dig ge­noeg vir lang stryd

Volksblad - - Sake -

As ban­ke dink die Me­de­din­gings­kom­mis­sie gaan sy on­der­soek na ’n be­weer­de ge­kon­kel met die rand-dol­lar-wis­sel­koers op­sy skuif, maak hul­le ’n reu­se-fout.

So sê T­hem­bin­ko­si Bo­na­ke­le, kom­mis­sa­ris van die Me­de­din­gings­kom­mis­sie, oor die stand van sa­ke met die on­der­soek.

Hy het die me­dia gister toe­ge­spreek as deel van die kom­mis­sie se jaar­lik­se kon­gres oor me­de­din­ging en be­leid by die Gor­don In­s­ti­tu­te of Bu­si­ness in Ro­se­bank, Jo­han­nes­burg.

“Daar is baie mense wat sê ons oor­dra­ma­ti­seer die he­le saak,” sê Bo­na-ke­le. “Ons wil net hê die ban­ke moet ons vrae be­ant­woord. Elke bank moet in­di­vi­du­eel op ons be­ë­dig­de ver­kla­ring re­a­geer, maak nie saak waar hul­le be­dry­wig is nie,” sê hy.

Bo­na­ke­le het spe­si­fiek teen S­tan­dard Bank uit­ge­vaar. Dié bank voer aan die kom­mis­sie het óf geen ju­ris­dik­sie bui­te die lands­gren­se nie óf die vraag oor ju­ris­dik­sie moet eers uit­ge­klaar word. “Ons pro­bleem tans met S­tan­dard Bank gaan spe­si­fiek daar­oor dat hy eers meer do­ku­men­te wil hê voor­dat hy gaan ant­woord. Ons dink nie ons moet dit aan hom gee nie. Ons sal dus steeds voort­gaan met die saak,” sê hy.

Die saak word in Sep­tem­ber voor die Me­de­din­gings­tri­bu­naal aan­ge­hoor.

Bo­na­ke­le sê S­tan­dard Bank moet ver­staan hy is nie net ’n bur­ger wat toe­gang tot in­lig­ting het nie, hy word aan­ge­kla en moet sy saak ver­de­dig.

“Ons het nie ’n pro­bleem as jy van ons ver­skil nie, maar sit dit in ’n be­ë­dig­de ver­kla­ring so­dat ons van daar af kan werk.”

Bo­na­ke­le sê die kom­mis­sie glo bloot dat daar met die land se geld­een­heid ge­kon­kel word, on­ge­ag wáár in die wê­reld dit ge­doen word, gee hom ju­ris­dik­sie om die saak te on­der­soek.

“Ons het ge­sien die VSA het ook on­der­soek ge­doen waar dié land ver­moed het daar met die dol­lar ge­kon­kel is. Dit is wel in­te­res­sant dat hy voel dit mag nie met die dol­lar ge­beur nie, maar wel met die rand.”

Bo­na­ke­le sê die kom­mis­sie sal ge­dul­dig wees met die on­der­soek – al neem dit ja­re. “As die ban­ke ja­re lank met dié saak wil aan­gaan, is dit goed so, ons kan wag.”

Op die vraag of die kom­mis­sie nóg ban­ke gaan voeg by die lys van dié wat reeds aan­ge­kla is, sê hy “nie nood­wen­dig nie”. Hy sê in ge­val­le waar ban­ke die skuld op hul fi­li­a­le pak, sal die kom­mis­sie dit wel oor­weeg om die fi­li­a­le by die lys te voeg.

14 in­stel­lings, in­slui­tend HSBC en JPMor­gan C­ha­se & Co., is deur die kom­mis­sie daar­van be­skul­dig dat hul­le na be­we­ring by on­wet­ti­ge rand­tran­sak­sies be­trok­ke was.

Die Bar­clays A­fri­ca Group is kwyt­ge­skeld na­dat dié bank­groep ’n fluit­jie­bla­ser was, ter­wyl Ci­ti­group in­ge­stem het om ’n boe­te van R69,5 mil­joen ($5,4 mil­joen) weens sy be­weer­de aan­deel te be­taal.

Som­mi­ge van die ban­ke het in Mei in regs­do­ku­men­te ge­sê die kom­mis­sie se klag­te is vaag en skep ’n ver­leent­heid.

Bo­na­ke­le sê die kom­mis­sie wil weet wat aan­gaan.

“Ons moet maat­skap­pye met wie ons werk ver­trou­lik­heid kan waar­borg as ons wel ag­ter die kap van die byl kan kom.”

Bo­na­ke­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.