Ku­si­le be­gin krag op­wek

Volksblad - - Sake - El­vi­ra Wood

Die Ku­si­le-krag­sta­sie se eer­ste een­heid het gister 10:00 krag aan die na­si­o­na­le net­werk be­gin le­wer.

E­s­kom sê in ’n ver­kla­ring dié krag­sta­sie, wat na­by eMa­lahle­ni (Wit­bank) in M­pu­ma­lan­ga ge­bou word, sal vir die vol­gen­de 50 jaar kan krag le­wer.

Die eer­ste een­heid sal 800 MW krag by die net­werk voeg en dit “ver­der help sta­bi­li­seer”.

Die een­heid is vol­gens E­s­kom voor die ge­ske­du­leer­de da­tum van Ju­lie 2018 vol­tooi.

John­ny Dlad­la, waar­ne­men­de uit­voe­ren­de hoof van E­s­kom, sê die les­se wat E­s­kom in die ver­le­de ge­leer het, het hom in staat ge­stel om dié een­heid vroe­ër in be­dryf te stel.

Ku­si­le sal uit­ein­de­lik uit ses een­he­de be­staan wat 4 800 MW krag aan die net­werk sal le­wer.

Dit sal glo die vier­de grootste

steen­kool­krag­sta­sie in die wê­reld wees.

E­s­kom be­plan om die krag­sta­sie in 2022 te vol­tooi.

Fo­to: EL­VI­RA WOOD

E­s­kom se Ku­si­le-krag­sta­sie in aan­bou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.