Boe­re sug oor ho­ër die­sel­pry­se

Volksblad - - Sake - – Vi­da Booy­sen

Die ver­wag­te skerp sty­ging in brand­stof­pry­se in Sep­tem­ber kom op ’n sleg­te tyd vir boe­re.

Dis net mooi die tyd dat lan­de­rye in die oos­te­li­ke de­le van die land vir die plant van mie­lies voor­be­rei word, sê Da­wie Maree, hoof van in­lig­ting en be­mar­king by FNB Land­bou.

“In­lig­ting van die Sen­tra­le E­ner­gie­fonds dui op ’n on­der­ver­ha­ling van tus­sen 57c en 60c per li­ter op pe­trol en tus­sen 47c en 49c per li­ter vir die­sel,” sê Maree. Hy skryf die on­der­ver­ha­ling (dus met hoe­veel die prys moet styg) toe aan twee fak­to­re: die rand­dol­lar­wis­sel­koers wat ver­swak het en die in­ter­na­si­o­na­le ru­o­lie­prys wat ver­ste­wig het. Dis ver­al die sty­ging in die in­ter­na­si­o­na­le prys wat ’n groot im­pak op plaas­li­ke on­der­ver­ha­ling het. Die swak­ker rand gaan net so­wat 4c per li­ter tot die sty­gings by­dra.

Die sty­ging is skerp, ’n ge­raam­de 5%, sê Maree.

“Boe­re sal hul be­ste­ding aan die­sel moet ver­hoog en dit is reeds die ver­ naam­ste in­set­kos­te vir ’n graan­boer.”

Die ver­ho­ging sal ook ’n ne­ga­tie­we im­pak hê op die ver­voer­kos­te van in­set­te soos kuns­mis en saad.

“Die ver­brui­ker se be­stee­ba­re in­kom­ste sal af­neem as ’n reg­streek­se ge­volg van die ver­ho­ging in brand­stof­pry­se,” sê Maree.

“Die bult gaan dalk ’n bietjie steil wees vir die vol­gen­de paar maan­de, maar moe­nie moed ver­loor nie, dit sal ook ver­by gaan,” is sy raad aan boe­re.

Die ver­ho­ging in die die­sel­prys sal graan­boe­re se in­set­kos­te ver­hoog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.