Be­per­king op ver­koop van Kru­ger­ran­de op­ge­hef

Volksblad - - Sake - Han­lie S­tad­ler

Maat­skap­pye wat Kru­ger­ran­de wil ver­koop, hoef nie meer lid te word van die Suid-A­fri­kaan­se Vereniging van Munt­han­de­laars nie.

Die Me­de­din­gings­kom­mis­sie sê hy het met Rand Re­fi­ne­ry, wat die munt be­mark, oor­een­ge­kom dat dié ver­eis­te laat vaar word.

Rand Re­fi­ne­ry het self die ver­eis­te ge­stel, het die kom­mis­sie in ’n on­der­soek be­vind.

Dit kan vol­gens die kom­mis­sie be­skou word as ’n ma­nier om toe­tre­de tot die munt­han­del te be­perk.

Rand Re­fi­ne­ry moet nou al­le ver­wy­sings na dié ver­eis­te van sy aan­soek­vorms en web­werf ver­wy­der.

Die Me­de­din­gings­tri­bu­naal moet nog die oor­een­koms tus­sen die kom­mis­sie en Rand Re­fi­ne­ry be­krag­tig.

Die goud vir die Kru­ger­rand word by Rand Re­fi­ne­ry voor­be­rei en die mun­te word dan by die SuidA­fri­kaan­se Munt ge­druk. Rand Re­fi­ne­ry be­heer die ver­ko­pe en be­mar­king van Kru­ger­ran­de en is dus die e­nig­ste ver­skaf­fer wê­reld­wyd daar­van.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.