Pu­mas in al­mal se Cur­rie­be­ker­vi­sier

Volksblad - - Sport - Ti­nus van S­ta­den

Die an­der span­ne in die Cur­rie­be­ker-reeks sal nou ver­sig­tig wees vir die Pu­mas na­dat hul­le die Blou Bul­le ver­le­de Vry­dag­aand met 51-15 in M­bom­be­la af­ge­slag het.

Daar­om is dit vir Brent Janse van Rensburg, die Pu­mas se hoof­af­rig­ter, be­lang­rik om sy spe­lers se voe­te op die grond te hou.

“Ons uit­voe­ring was baie goed, maar daar is na­tuur­lik al­tyd ruim­te vir ver­be­te­ring. Dit sal be­lang­rik wees om die spe­lers op die vol­gen­de uit­da­ging te laat fo­kus. Die an­der span­ne is nou be­wus van die ge­vaar wat ons in­hou. Ons speel Saterdag teen die Goue Leeus op El­lis­park en dit is weer ’n u­nie­ke uit­da­ging,” sê Janse van Rensburg.

Dié oud­brei­er van die Bo­land en OP-Kings het reeds vir reu­se­voor­uit­gang ge­sorg se­dert hy hom aan die be­gin van die sei­soen by die Pu­mas aan­ge­sluit het. Be­ne­wens die se­ge oor die Lig­blou­es, het die Pu­mas ook tuis met die Goue Leeus en met die G­rie­kwas in Kim­ber­ley af­ge­re­ken.

“Ons het aan­vank­lik baie aan ons kul­tuur ge­werk en dit dui­de­lik ge­stel wat ons van die spe­lers ver­wag. Ek plaas ’n hoë pre­mie op be­sten­dig­heid, dis­si­pli­ne en hoë pres­ta­sie.

“Die spe­lers het ook baie aan hul kon­di­si­o­ne­ring ge­werk, want ons wou ver­se­ker dat ons op Cur­rie­be­ker-vlak kan mee­ding. Ons word die he­le jaar nog deur be­se­rings lam­ge­lê,” sê hy.

Janse van Rensburg sê hy is baie meer pro­ses- as uit­koms­ge­dre­we.

“Dit sou al­tyd ’n bietjie tyd neem vir al­mal om te click en op dreef te kom. Ons het ook aan die be­gin van die sei­soen ’n paar nu­we spe­lers by­ge­kry. Die spe­lers het nou selfvertroue en hul­le is ge­woond aan die ti­pe oe­fe­nin­ge wat ons as af­rig­ters doen. Ons is nog ver van die eind­pro­duk af, maar ek is te­vre­de met waar ons nou is. Ek is meer pro­ses­ge­dre­we, so dit is net be­lang­rik dat ons voort­bou op dit wat ons reeds be­reik het.

“Die goeie ding is dat ons spe­lers het wat graag vir oor­win­nings wil veg. Die spe­lers se vaar­dig­he­de ver­be­ter ook met elke wed­stryd, wat ver­bly­dend is,” sê hy.

Die Pu­mas het in die eer­ste ron­de ’n ver­swak­te Leeus-span met 43-36 ge­klop. Hoe­wel die Gau­ten­gers on­der­aan die pun­te­lys is, is Janse van Rensburg steeds lug­tig vir hul­le.

Ons is nog ver van die eind­pro­duk af, maar ek is te­vre­de met waar ons nou is.

Fo­to: GALLO IMAGES

Hugo Klop­pers van die Pu­mas dra die bal in sy span se ge­skied­kun­di­ge se­ge met 51­15 oor die Blou Bul­le ver­le­de Vry­dag­aand in M­bom­be­la.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.