G­rie­kwas ‘moet Bul­le voor gaf­fel’

Volksblad - - Sport - Mar­nus Kok

Fi­sie­ke oor­heer­sing voor­langs is die sleutel tot ’n oor­win­ning vir G­rie­kwas mô­re­aand oor die Blou Bul­le in P­re­to­ria.

Só sê die Pou­blou­es se af­rig­ter, Pe­ter Eng­le­dow, wat ses ver­an­de­rin­ge (wat twee po­si­si­o­ne­le skui­we in­sluit) aan die span aan­ge­bring het wat twee we­ke ge­le­de streep­sui­ker teen die Pu­mas (2127) in Kim­ber­ley ge­kry het.

“As ons voor­langs in die vas­te fa­set­te kan oor­heers en vir War­rick (Ge­lant, heel­ag­ter) ag­ter­langs min be­weeg­ruim­te gun, kan ons wen,” sê Eng­le­dow.

Eng­le­dow en sy af­rig­ting­span sou be­slis ’n blaad­jie uit die Pu­mas-boek van ver­le­de week ge­neem het.

Die La­e­vel­ders het die Bul­le groot­liks dank­sy die oor­heer­sing van hul­le voor­spe­lers, wat ma­le son­der tal suk­ses­vol­le rol­maal­be­we­gings uit­ge­voer het, laat les op­sê.

Die kap­tein, AJ Coert­zen, skuif van lin­ker­vleu­el na heel­ag­ter in die plek van E­ric Za­na, wat hom­self op die plaas­ver­van­gers­bank be­vind.

Za­na het teen die Pu­mas met sy teen­aan­val­le uit die laas­te ves­ting be­ïn­druk en sal be­slis la­ter in die wed­stryd in­ge­span word.

E­de­ries A­rend­se, wat die stryd teen die Pu­mas met ’n dy­spier­be­se­ring mis­ge­loop het, keer te­rug op reg­ter­vleu­el in die plek van Ky­le S­teyn.

Die fi­sie­ke Koch Marx neem Coert­zen se plek op lin­ker­vleu­el in.

Voor­langs ver­vang FP Pel­ser vir S­haun M­cDo­nald op slot, ter­wyl Wil­mar Ar­nol­di die nu­we ha­ker in Ma­ri­us Fourie se plek is.

Li­am Hendricks ver­vang vir De­von Mar­ti­nus op los­kop­stut.

Die Pou­blou­es se op­win­den­de los­ska­kel André Swarts kry mô­re die ge­leent­heid om hom teen die S­pring­bok Mar­nitz Bos­hoff, wat as die Bul­le se los­ska­kel vir die stryd aan­ge­wys is, te meet.

Bos­hoff het ’n paar sei­soe­ne ge­le­de in Kim­ber­ley ge­speel.

De Wet Kru­ger, wat die stryd teen die Pu­mas weens ’n oog­be­se­ring – wat hy teen die Vry­staat­C­hee­tahs op­ge­doen het – mis­ge­loop het, is fiks ver­klaar en be­vind hom op die bank saam met die plaas­ver­van­gers.

■ G­rie­kwas: AJ Coert­zen (k), E­de­ries A­rend­se, Ter­ti­us Kru­ger, Jo­na­than Franc­ke, Koch Marx, André Swarts, Chris­ti­aan Mey­er, Jo­no Janse van Rensburg, Si­as Koen, Wen­dal Wehr, Pieter Janse van Vu­ren, FP Pel­ser, S­te­phan Kot­ze, Wil­mar Ar­nol­di, Li­am Hendricks. PLAAS­VER­VAN­GERS: AJ le Roux, Ni­co­laas Oost­hui­zen, Jo­na­than A­den­dorf, De Wet Kru­ger, Re­nier Botha, Ge­or­ge W­hi­te­he­ad, E­ric Za­na.

André Swarts

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.