Kings het min súl­ke on­der­vin­ding

Volksblad - - Sport - Mi­cha­el G­reen

Slegs ses spe­lers in die Sout­hern Kings se groep van 27 wat Dins­dag na Eu­ro­pa ver­trek het vir die OosKaap­se span se eer­ste twee wed­stry­de daar, het on­der­vin­ding van speel­toe­stan­de in die Noor­de­li­ke Half­rond.

Dit is ui­ter­aard iets waar­oor die Kings se hoof­af­rig­ter, De­on Da­vids, hom be­kom­mer, maar nie veel aan kan doen nie.

“Daar is al­tyd si­tu­a­sies waar­by spe­lers moet aan­pas en die Eu­ro­pe­se toe­stan­de gaan be­slis ’n aan­pas­sing wees,” het Da­vids vroe­ër in die week ge­sê. “Ho­pe­lik is die weer nie so erg nie.”

Hy het met die tong in die kies by­ge­voeg dat dit da­rem ver­le­de week ’n paar dae in Port E­li­za­beth ge­re­ën het, so die span kon toe da­rem in nat toe­stan­de oe­fen.

Da­vids sal hoop dat die er­va­ring wat vier van sy voor­ry­man­ne het, da­rem sal help om die span in Eu­ro­pa te an­ker.

S­chalk Fer­rei­ra het van 2013 tot 2015 vir Tou­lou­se ge­speel, Martin D­rey­er het in 2015 vir Dax uit­ge­draf en Etienne S­wa­ne­poel vroe­ër van­jaar vir S­ta­de Fran­cais.

Ros­souw de K­lerk is die voor­ry­man met die mees­te Eu­ro­pe­se er­va­ring. Hy het twee jaar vir die Glas­gow War­ri­ors, twee jaar vir G­re­no­ble en vroe­ër van­jaar vir Co­lo­miers uit­ge­draf.

Die twee an­der Kings met Eu­ro­pe­se on­der­vin­ding, is die sen­ter Lu­zu­ko Vu­lind­lu en die slot/flank D­ries van S­chalk­wyk.

Vu­lind­lu het in 2011 en 2012 vir Auch in Frank­ryk ge­speel en Van S­chalk­wyk het in 2012 vir Ze­bre be­gin speel. Hy het ook die I­ta­li­aan­se na­si­o­na­le span ver­teen­woor­dig.

Daar sal van­dag, wan­neer Da­vids sy span vir Saterdag se krag­me­ting met die S­car­lets in Wal­lis aan­kon­dig, ge­sien kan word of al ses dié spe­lers die Kings se wed­stryd­groep ge­haal het. As ’n mens na Da­vids se ge­skie­de­nis as brei­er kyk, kan daar ’n ver­ras­sing of twee te wag­te wees.

Hy het nog nooit ge­hui­wer om ’n on­er­va­re spe­ler te kies nie.

Hy het reeds met sy toer­groep ver­ras toe hy die Grens-los­ska­kel O­li­ver Zo­no bo die meer er­va­re Pieter-S­teyn de Wet as een van sy los­ska­kels ge­kies het.

An­der spe­lers wat dalk se­ker keu­ses kan wees, is die heel­ag­ter Ma­sixo­le Ban­da, los­ska­kel Kurt Co­le­man, An­di­sa Nt­si­la op agt­ste­man en Van S­chalk­wyk op flank of slot. Mi­cha­el Wil­lem­se sal dalk die kap­tein wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.