Vry­sta­ters steun swaar op er­va­re Jon­ker

Volksblad - - Sport - O­wen Kock

Die Vry­staat-C­hee­tahs wys eers van­dag die span aan vir Saterdag se Cur­rie­be­ker-wed­stryd teen die Haaie in Dur­ban, maar al­le aan­dui­dings is dat ’n rug­by­span met baie min er­va­ring ge­kies gaan word.

Met van­dees­week se oe­fe­ning was dit dui­de­lik dat daar ’n paar spe­lers is wat hul Cur­rie­be­ker-bui­ging teen die Haaie kan maak.

Daar is ook ’n paar er­va­re spe­lers wie se na­me uit­ge­lees sal word wan­neer die hoof­af­rig­ter, Daan Human, sy eer­ste Cur­rie­be­ker-span be­kend maak.

Een van die spe­lers met ho­pe Cur­rie­be­ker-on­der­vin­ding wat in die be­gin­span be­hoort te wees, is die veel­sy­di­ge ag­ter­spe­ler JW Jon­ker, wat van­jaar weer “huis toe” ge­kom het na­dat hy vroe­ër van­jaar vir G­rie­kwas ge­speel het.

Jon­ker het reeds 95 wed­stry­de in al­le reek­se vir die Vry­staat op sy kerf­stok. Hy het reeds 27 Cur­rie­be­ker-drieë ag­ter sy naam.

Hy het sy loop­baan by die Vry­staat be­gin en het ook draaie by die G­rif­fons en Pu­mas ge­maak en het in 2012, onder die af­rig­ting van Jim­my S­to­ne­hou­se, vir die SA Bar­ba­ri­ans teen En­ge­land uit­ge­draf.

Die B­lits­bok Chris Dry kan dalk as die Vry­staat-C­hee­tahs se kap­tein aan­ge­wys word in die af­we­sig­heid van Fran­cois Ven­ter (S­pring­bok­ke) en Niell Jor­daan (Pro14).

Twee spe­lers wat van­jaar vir die S­him­las in die Var­si­ty­be­ker-reeks ge­speel het, S­him­las se kap­tein en sen­ter, S­te­phan Janse van Rensburg, en die vleu­el Carl-Jan Coetzee, kan na ver­wag­ting ook hul eer­ste proe­sel Cur­rie­be­ker-rug­by kry.

JW Jon­ker

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.