Drie Pro­tea-le­gen­des meet nou krag­te as af­rig­ters

Volksblad - - Sport - Fran­cois de Wet

Vir et­li­ke sei­soe­ne het hul­le in kleed­ka­mers oor die wê­reld heen ge­kou­kus oor hoe om teen­stan­ders op die krie­ket­veld te oor­rom­pel.

Dié drie Pro­tea-le­gen­des, Jacques Kal­lis, Gra­e­me S­mith en Mark Bou­cher, sal nou as brei­ers plan­ne be­raam om me­kaar se span­ne tot oor­ga­we te dwing in die nu­we T20 Glo­bal Le­a­gue (T20GL).

Vol­gens Kal­lis, wat die Ca­pe To­wn K­nig­ht Ri­ders af­rig, het die gek­skeer­de­ry tus­sen hom en sy voor­ma­li­ge span­maats reeds be­gin.

“Ons trots is op die spel, maar ek dink dit kan ook op ho­pe pret uit­loop,” sê die Pro­te­as se voor­ste lo­pie­vraat in toet­se (13 289) en in een­dag­krie­ket (11 579).

“Ek dink dit is wat hier­die reeks so in­te­res­sant gaan maak, die feit dat daar so baie har­de­baar­de daar­by be­trok­ke is.

Kal­lis is glad nie ’n a­ma­teur as dit kom by af­rig­ting van be­ken­de T20-krie­ket­span­ne nie. Hy is ook die brei­er van die In­die­se P­re­mier­liga­span (IPL) Kol­ka­ta K­nig­ht Ri­ders en tree op as ’n kon­sul­tant vir die T­rin­ba­go K­nig­ht Ri­ders in die Ka­ri­bie­se P­re­mier­liga (CPL).

Kal­lis se groot vriend en ja­re lan­ge Pro­tea-paal­tjie­wag­ter, Bou­cher, het ook in sy eer­ste sei­soen as af­rig­ter van die Ti­tans groot suk­ses be­haal deur die plaas­li­ke een­dag­reeks en T20-reeks te wen.

Bou­cher sal as die brei­er van die Nel­son Man­de­la Bay S­tars nog ’n tro­fee by sy ver­sa­me­ling wil voeg.

Hoe­wel hy nou nog nie as ’n hoof­af­rig­ter by ’n span be­trok­ke was nie, sal Gra­e­me S­mith, voor­ma­li­ge Pro­tea-kap­tein, as brei­er van die Be­no­ni Zal­mi sy ver­nuf ten toon wil stel.

Vol­gens Kal­lis is dit be­lang­rik dat voor­ma­li­ge Pro­te­as as brei­ers by die nu­we reeks be­trek word.

“Hul­le is daar om ver­al die jong spe­lers te help en ons het reeds ge­sien wat die IPL vir In­die­se krie­ket ge­doen het.

“Hul­le was eers as ’n mid­del­ma­ti­ge span (in se­ke­re weer­ga­wes) be­skou en nou is hul­le die bes­te ter wê­reld.”

Gra­e­me S­mith

Mark Bou­cher

Jacques Kal­lis

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.