Ba­vu­ma wil wys hy hét woe­ma

Volksblad - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

Al is hy meer be­kend as ’n toets­spe­ler, voel Tem­ba Ba­vu­ma hy sal waar­de kan toe­voeg tot die Jo­burg Gi­ants in die eer­ste T20 Glo­bal Le­a­gue (T20GL) wat la­ter van­jaar in Suid-A­fri­ka plaas­vind.

Hy is nie ie­mand wat soos ’n Chris Gay­le of ’n B­ren­don M­cCul­lum die bal met re­ël­maat in die pa­vil­joe­ne laat grond­vat nie, maar Ba­vu­ma glo hy sal ’n be­lang­ri­ke rol hê om te speel.

“Ek sal vol­gens my sterk­pun­te speel en dit is om groot­liks die slag te ro­teer en van die groot sla­ners die kans te gee om die boul­werk te trot­seer.

“Ek wil nie soos van daar­die groot sla­ners speel nie, maar vol­gens die ma­nier waar­op ek suk­ses­vol is.

“Daar is be­slis plek vir ie­mand soos ek in T20-krie­ket, al gaan dit hoof­saak­lik daar­oor om die bal so ver as moont­lik te kan slaan,” sê die buk­sie.

Hy het gister by die be­kend­stel­ling van die Jo­burg Gi­ants by die Wan­de­rers in Jo­han­nes­burg ge­sê hoe­wel hy eint­lik van Kaap­stad kom, is sy hart by die span van die Wan­de­rers, want dit is waar hy sy groot kans ge­gun is om vir hom ’n plek op na­si­o­na­le vlak los te speel.

“Ek ver­kies om in die mid­del­or­de te kolf en sien uit daar­na om my vaar­dig­he­de in hier­die toer­nooi uit te stal.

“Ek het nog al­tyd T20-krie­ket ge­niet, al be­staan die op­vat­ting dat ek eer­der net ’n meer­daag­se spe­ler is,” sê Ba­vu­ma.

Ba­vu­ma se na­si­o­na­le toets­span­maat Ka­gi­so Ra­ba­da sê die Gi­ants is groot­liks ’n jong span en hy ver­wag hul­le gaan baie pret hê.

Hy speel in die In­die­se P­re­mier­liga (IPL) vir die Del­hi Da­re­de­vils en dit is juis hul groep, die GMR-maat­skap­py, wat die ei­e­naars van die nu­we Jo­han­nes­burg­se fran­chi­se is.

■ Gi­ants se groep: Ka­gi­so Ra­ba­da, B­ren­don M­cCul­lum, Colin In­gram, Vernon P­hi­lan­der, An­di­le P­hehluk­wa­yo, Chris­ti­aan Jon­ker, Tem­ba Ba­vu­ma, Pa­trick Kru­ger, Ya­sir S­hah, Ni­co­las Poor­an, Du­an­ne O­li­vier, Jo­na­than Van­di­ar, Roe­lof van der Mer­we, An­dries Gous, Ra­bi­an En­gel­brecht, Da­ne Piedt, André Ma­lan, Zu­bayr Ham­za.

Fo­to: GALLO IMAGES

Her­man Mas­ha­ba, bur­ge­mees­ter van Jo­han­nes­burg, en Tem­ba Ba­vu­ma skud gister blad by die be­kend­stel­ling van die Jo­burg Gi­ants se span vir die T20 Glo­bal Le­a­gue.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.