Fe­de­rer val by­na vas teen jong Yank

Volksblad - - Sport - – S­port­re­dak­sie

Die 19-ja­ri­ge A­me­ri­ka­ner Fran­ces Ti­a­foe het Ro­ger Fe­de­rer tot die ui­ter­ste be­proef in hul eer­ste­r­on­de-krag­me­ting in die A­me­ri­kaan­se Ope by Flus­hing Me­adows in New York.

Die S­wit­ser het gister ge­sweet om in 2 uur 37 mi­nu­te met 4-6, 6-2, 6-1, 1-6, 6-4 te se­ë­vier en sy doel­wit van ’n 20ste Grand Slam-ten­nis­ti­tel le­wend ge­hou.

Ti­a­foe was vin­nig met 2-0 voor en het sy voor­sprong be­hou om die vyf­ma­li­ge Ope-kam­pi­oen in die eer­ste stel te klop. Dit was die eer­ste keer se­dert 2003 dat Fe­de­rer ’n stel in die eer­ste ron­de prys­ge­gee het.

Ti­a­foe het sy teen­stan­der met die voor­hand ge­boe­lie en dit het her­in­ner aan hul e­nig­ste an­der twee­stryd, in die Mi­a­mi-mees­ters vroe­ër van­jaar, toe Fe­de­rer met 7-6, 6-3 ge­wen het.

Maar Fe­de­rer is nie ver­niet reeds vyf keer as die ko­ning van Qu­eens ge­kroon nie en het op dreef ge­kom om die twee­de en der­de stel te wen.

Ti­a­foe het te­rug­ge­storm om die vier­de stel in 24 mi­nu­te met 6-1 te wen, maar kon nie daar­in slaag om Fe­de­rer kon­stant met krag­spel te troef nie.

Die S­wit­ser het op Ti­a­foe se af­slaan deur­ge­breek om die krag­me­ting kort voor mid­der­nag (A­me­ri­kaan­se tyd) te be­klink.

Fe­de­rer (36) se wen­re­kord in die eer­ste ron­de in New York staan nou op 17-0 en hy het in 2003 by Ro­land Gar­ros laas oor die eer­ste hek­kie in ’n Grand Slam ge­strui­kel.

Dit was sy eer­ste wed­stryd by Flus­hing Me­adows se­dert 2015, na­dat hy ver­le­de jaar se A­me­ri­kaan­se Ope (weens ’n knie­be­se­ring) mis­ge­loop het.

Mo­ni­ca Ni­cu­les­cu van Roe­me­nië (on­ge­keur) het vir gis­ter­aand se eer­ste skok ge­sorg toe sy K­ris­ti­na Mla­de­no­vic van Frank­ryk, die 14de ge­keur­de, met 6-3, 6-2 in die eer­ste ron­de uit­ge­ska­kel het.

E­li­na S­vi­to­li­na van die Oe­krai­e­ne, die vier­de ge­keur­de, het min moei­te on­der­vind deur Ke­re­ti­na Si­ni­a­ko­va van T­sjeg­gië met 6-0, 6-7, 6-3 te klop.

Eu­ge­nie Bou­chard het in twee stel­le teen E­v­ge­niya Ro­di­na ver­loor.

Do­mi­nic T­hiem van Oosten­ryk, ses­de ge­keur, het tot die twee­de ron­de deur­ge­dring toe hy A­lex de Mi­naur van Aus­tra­lië met 6-4, 6-1, 6-1 oor­rom­pel het. Die Frans­man Ga­el Mon­fils (18de) het sy land­ge­noot Je­re­my C­har­dy in drie stel­le ge­klop en To­mas Ber­dych van T­sjeg­gië (15de) is ook deur na sy se­ge oor Ry­an Har­ri­son van die VSA.

Ro­ger Fe­de­rer

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.