Was nu­we brei­er nó­dig, vra Ra­ba­da

Win­die hou nou lei­sels by Pro­te­as

Volksblad - - Sport - Chris­to Bu­ch­ner

“Ek is nie so se­ker dit was reg­tig no­dig om ’n nu­we af­rig­ter aan te stel nie.”

Dit was gister die ver­ras­sen­de re­ak­sie van Ka­gi­so Ra­ba­da, die blink­ste jong ster op die Suid-A­fri­kaan­se krie­ket­to­neel, op die nuus dat die Win­die Ot­tis Gib­son by Rus­sell Do­min­go gaan oor­neem as die nu­we brei­er van die na­si­o­na­le span.

Gib­son is tot ná die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in 2019 aan­ge­stel.

Hy sal eers teen die mid­del van aan­staan­de maand in die land wees en sal min­der as ’n week saam met die span hê voor­dat sy eer­ste toets op 28 Sep­tem­ber in Pot­chef­stroom teen Bangla­desj be­gin.

“Dit is nie reg­tig as­of din­ge só sleg met SA krie­ket ge­gaan het en dat ons ’n kwaai in­sin­king be­leef het wat dras­tie­se ver­an­de­rin­ge ge­nood­saak het nie,” het Ra­ba­da by die Wan­de­rers ge­sê, waar Krie­ket SuidA­fri­ka se uit­voe­ren­de hoof, Ha­roon Lor­gat, die aan­kon­di­ging oor die aan­stel­ling ge­maak het.

“Din­ge het nou wel nie die laas­te twee maan­de in En­ge­land heel­te­mal ver­loop soos ons dit wou hê nie, maar voor dit het ons baie goed ge­speel en het din­ge vir ons goed ge­gaan as ’n span,” sê Ra­ba­da.

“Ons moet nou fo­kus op ’n nu­we be­gin en al­mal sal met ’n oop gemoed die toe­koms in­gaan.

“Ek het heel­wat goeie din­ge oor hom (Gib­son) as af­rig­ter ge­hoor en al wat ons as spe­lers wil hê, is ie­mand wat die spel goed ver­staan en saam met wie ons goed kan werk,” sê hy.

“Ho­pe­lik sal hy nu­we stu­krag aan ons span ver­leen. Ek weet eint­lik niks van hom af nie en het hom nooit sien speel of met hom as af­rig­ter te doen ge­kry nie,” sê hy.

Lor­gat be­ves­tig dat Gib­son sy eie af­rig­ting­span kan saam­stel, maar sê in die­self­de a­sem hy sal dalk teen­kan­ting kry as hy be­sluit om nét bui­te­lan­ders as sy ad­ju­dan­te aan te stel.

Dit blyk dus dat hy waar­skyn­lik aan­ge­sê gaan word om se­ke­re plaas­li­ke af­rig­ters in sy af­rig­ting­span te ge­bruik.

Vol­gens Lor­gat het die pa­neel van vyf wat aan­be­ve­lings oor die nu­we af­rig­ter aan KSA ge­maak het, Gib­son as die uit­staan­de kan­di­daat ge­sien. Die pa­neel was onder voor­sit­ter­skap van adv. Nor­man A­rend­se.

Op die vraag of hy met die hand uit­ge­kies is, aan­ge­sien daar spra­ke was dat hy nie aan­vank­lik aan­soek ge­doen het vir die pos nie, sê Lor­gat hy kan nie daar­oor praat nie.

Die af­lei­ding wat eg­ter ge­maak kan word, is dat die an­der kan­di­da­te nie as goed ge­noeg vir die pos ge­ag is nie.

Do­min­go is aan­ge­stel as die nu­we af­rig­ter van die naas­bes­tes, die Suid-A­fri­kaan­se A-span.

“Ek wil Rus­sell be­dank vir sy werk as af­rig­ter van die na­si­o­na­le span en die be­lang­ri­ke rol wat hy gaan ver­vul met die vol­gen­de vlak spe­lers wat deur­ge­bring moet word na die na­si­o­na­le span,” sê Lor­gat.

Die 48-ja­ri­ge Gib­son, wat in twee toet­se en 15 kits­wed­stry­de vir die Wes-In­die­se Ei­lan­de ge­speel het, ken plaas­li­ke toe­stan­de. Hy het vir die Grens, G­rie­kwas en Gau­teng ge­speel.

Hy sal tot 13 Sep­tem­ber eers as boul­af­rig­ter van En­ge­land be­trok­ke wees by die der­de en laas­te toets teen die Win­dies op Lord’s in Lon­den. Hy sal op 22 Sep­tem­ber die eer­ste keer in sy rol as Pro­tea-brei­er met sy spe­lers as ’n groep saam­werk.

Fo­to’s: GETTY IMAGES

Die nu­we baas van die Pro­tea­plaas. Ot­tis Gib­son sal Suid­A­fri­ka se krie­ket­span tot ná die Wê­reld­be­ker­toer­nooi in 2019 af­rig. Die Suid­A­fri­kaan­se snel­bou­ler Ka­gi­so Ra­ba­da is nie so se­ker dat die Pro­te­as ’n nu­we af­rig­ter no­dig ge­had het nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.