Ul­ster bra lug­tig vir C­hee­tahs, sê Dey­sel

Volksblad - - Sport - O­wen Kock

Die C­hee­tahs kan hul­le klaar­maak dat hul­le nie die e­nig­ste spe­lers op die veld gaan wees wat Afrikaans praat wan­neer hul­le mô­re teen Ul­ster in Bel­fast, Ier­land, uit­draf nie.

Die tuis­span sal hul­le in die Pro14-reeks die stryd aan­sê met ’n Suid-A­fri­kaan­se geur­tjie, met twee voor­ma­li­ge Haaie-flan­ke, Jean Dey­sel en Mar­cell Coetzee, en die Haaie-vleu­el Lou­is Lu­dick, as­ook die voor­ma­li­ge stut van die Leeus S­chalk van der Mer­we, wat vir die span van Ier­land in die skrum sak.

Daar­by word Ul­ster deur die deur­win­ter­de ha­ker Ro­ry Be­st aan­ge­voer en hy kan die C­hee­tahs in die skrums hel gee dank­sy ho­pe on­der­vin­ding.

Be­st was deel van die B­rit­se en Ier­se Leeus-span wat vroe­ër van­jaar die weg­toets­reeks teen die All Blacks ge­deel het.

Die span­ne vir mô­re se stryd word na ver­wag­ting van­mid­dag aan­ge­kon­dig.

Dey­sel het vroe­ër van­dees­week ge­sê Ul­ster sal op sy bes­te moet wees as hy die een wil wen.

“Die C­hee­tahs is ’n goeie span met goeie in­di­vi­du­e­le spe­lers in die ag­ter­lyn en hul­le be­skik oor ’n puik agt­tal wat weet hoe om te skrum,” sê Dey­sel.

Hy sê daar is van­dees­week aan in­di­vi­du­e­le foute ge­werk en daar is ook ge­fo­kus op foute wat hul­le in die voor­sei­soen in oe­fen­wed­stry­de be­gaan het.

“Daar is ook heel­wat aan ons vaar­dig­he­de ge­skaaf, want ons ver­wag ’n baie taai aan­slag van die C­hee­tahs.”

Die C­hee­tahs kan hul­le ook klaar­maak vir ’n baie meer fi­sie­ke aan­slag in die Pro14-reeks as waar­aan hul­le in die Su­per­rug­by­reeks ge­woond was, sê Dey­sel.

Die Bloem­fon­tei­ners sal self met ’n Eu­ro­pe­se geur in hul­le span teen Ul­ster speel. Die slot Ry­nier Ber­nar­do het twee sei­soe­ne in die Pro12-reeks vir die Ospreys en S­car­lets uit­ge­draf.

Sy ken­nis van ver­al die speel­toe­stan­de en die swaar vel­de sal vir hul­le van on­skat­ba­re waar­de wees, nie net in mô­re se wed­stryd nie, maar in dié wat nog voor­lê in Eu­ro­pa.

Die C­hee­tahs be­hoort nie­te­min ’n goeie span te kan kies aan­ge­sien hul­le son­der ske­te in Ier­land aan­ge­kom het.

Hul­le het drups­ge­wys (in drie ver­skil­len­de groe­pe) daar op­ge­daag en al wat teen hul­le kan tel, is die feit dat hul­le nie ge­noeg oe­fen­tyd ge­had het nie.

Die skeids­reg­ter is Andrew Bra­ce van Ier­land. Frank Murp­hy van Ier­land is die bla­ser in Saterdag se wed­stryd tus­sen die ver­de­di­gen­de kam­pi­oen, die S­car­lets, en die Sout­hern Kings. * An­der Suid-A­fri­ka­ners wat diens sal doen in die Pro14-reeks, is die om­stre­de Quin­ton Im­mel­man en S­tu­art Ber­ry. Im­mel­man blaas Saterdag die fluit­jie in die wed­stryd tus­sen Ospreys en Ze­bre, met Ber­ry een van sy as­sis­tent-skeids­reg­ters.

Die res van die Pro14-bla­sers is: Mi­ke A­damson (S­kot­land), Ian Da­vies (Wal­lis), Ge­or­ge Clan­cy (Ier­land), Dan Jo­nes (Wal­lis), John La­cey (Ier­land), Ni­gel O­wens (Wal­lis), Ben W­hi­te­hou­se (Wal­lis) en Da­vid Wil­kin­son (Ier­land).

Fo­to: INPHO

Niell Jor­daan, kap­tein van die C­hee­tahs, staan ty­dens die be­kend­stel­ling van die Pro14­reeks by die tro­fee wat op die spel is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.