As E­ben praat, luis­ter die an­der Bok­ke, sê Al­lis­ter

Volksblad - - Sport - S­te­phen Nell

Ter­wyl baie rug­by­on­der­steu­ners vroe­ër die op­vat­ting ge­had het dat sy lont kort is, lyk die S­pring­bok-kap­tein­skap nou nom­mer­pas vir E­ben Et­ze­beth.

“As jy my ’n paar jaar ge­le­de sou ge­vra het of kap­tein­skap iets na­tuur­lik vir my is, sou ek nee ge­sê het. Dit be­gin eg­ter nou só voel en ek ge­niet elke oom­blik,” sê hy.

“Die laas­te paar we­ke, plus die reeks teen die Fran­se, was se­ker die bes­te wat ek nog saam met die Bok­ke er­vaar het. Dis mak­lik met ou­ens soos El­ton Jan­tjies, Ten­dai M­ta­wa­ri­ra en Siya Ko­li­si wat my on­der­steun. Die af­rig­ters het ook ’n dui­de­li­ke plan, wat dit so­veel mak­li­ker vir ons maak.”

Et­ze­beth het die kap­tein­skap vir die twee­de toets in Ju­nie se reeks teen Frank­ryk by die be­seer­de War­ren W­hi­te­ley oor­ge­neem.

W­hi­te­ley sal die res van SuidA­fri­ka se Rug­by­kam­pi­oen­skap­veld­tog mis­loop, wat be­te­ken die kap­tein­skap is vir min­stens nóg vier wed­stry­de Et­ze­beth s’n.

Oor wat die be­ko­ring van die kap­tein­skap is, het Et­ze­beth ge­sê: “Ek hou daar­van om meer ui­ting aan my e­mo­sies te gee wan­neer ons ’n krin­ge­tjie maak, en om voor vir jou land op te draf, is werk­lik spe­si­aal. Ek sou my dit nooit in my wild­ste dro­me kon in­dink nie.”

Die keu­se van Et­ze­beth het die oor­gro­te meer­der­heid Bok-on­der­steu­ners on­kant be­trap, maar die be­sluit deur die af­rig­ter, Al­lis­ter Coetzee, het op fei­te be­rus.

Een van die ta­ke voor die reeks teen Frank­ryk was juis ’n we­ten­skap­li­ke pro­ses – wat onder meer psi­go­me­trie­se toet­se in­ge­sluit het – om lei­ers te i­den­ti­fi­seer en daar het Et­ze­beth sterk deur­ge­kom.

Daar­mee saam is hy een van die wê­reld se bes­te spe­lers in sy po­si­sie – iets waar­op min spe­lers in die hui­di­ge groep hul­le tans kan roem.

Nóg ’n fak­tor in sy guns is sy goeie dis­si­pli­nê­re re­kord. Hy het slegs twee geel­kaar­te ag­ter sy naam en het nog nooit ’n rooi­kaart vir vuil­spel ge­kry nie.

Op 25 het hy die wê­reld aan sy voe­te as kap­tein.

Coetzee is ook in sy nop­pies met hoe Et­ze­beth in W­hi­te­ley se af­we­sig­heid ge­vaar het.

“E­ben is baie goed. Hy praat nie baie nie, maar wan­neer hy praat, is dit sin­vol en luis­ter die an­der spe­lers,” sê hy.

“Ek is baie be­ïn­druk met die lei­er­skap in die span. Daar is nou ’n hand­vol sterk kan­di­da­te. E­ben vaar goed se­dert War­ren be­seer is en word goed deur Siya, Be­ast (M­ta­wa­ri­ra) en Jaco (K­riel) on­der­steun.”

’n Groot toets vir die Bok­ke se lei­ers­kern wat die af­ge­lo­pe week ge­slaag is, was toe Ar­gen­ti­nië in die twee­de helf­te vin­nig tien pun­te aan­ge­te­ken het – se­we vir ’n ver­doel­de drie en nóg drie vir ’n straf­skop van die mid­del­lyn af na­dat An­dries Coetzee die Ar­gen­tyn Ma­ti­as Moro­ni in die ad­ver­ten­sie­bor­de vas­ge­stamp het.

Ar­gen­ti­nië het skou­ers oop­ge­maak, maar die Bok­ke het die wed­stryd baie goed be­heer en ’n ver­de­re tien pun­te aan­ge­te­ken om met 41-23 te wen.

■ Coe­nie Oost­hui­zen sal straks aan­staan­de Saterdag ge­reed wees om Aus­tra­lië aan te durf.

Dié stut het teen Ar­gen­ti­nië ’n rib­be­se­ring op­ge­doen, maar ’n skan­de­ring het geen breu­ke of kra­ke ge­toon nie. Hy sal hom mô­re by sy span­maats aan­sluit.

Fo­to: GETTY IMAGES

E­ben Et­ze­beth in ver­le­de Saterdag se toets teen Ar­gen­ti­nië in Sal­ta. Hy was in al drie sy toet­se as S­pring­bok­kap­tein aan die wen­kant.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.