Maak reg, hier kom koue, re­ën én sneeu!

Volksblad - - Voorblad - And­rea K­ü­sel

’n Ongewone kou­e­front sal SuidA­fri­ka­ners van van­dag af in groot de­le van die land laat bib­ber.

Die Suid-A­fri­kaan­se Weer­diens (SAWD) het gis­ter ge­waar­sku dat koue weer tot en met Don­der­dag ver­wag kan word, en dat sneeu selfs in se­ke­re de­le kan voor­kom.

Way­ne Ven­ter, ’n weer­voor­spel­ler van die SAWD, sê in ’n ver­kla­ring dat tem­pe­ra­tu­re van 16 °C tot 19 °C van­dag in die Wes-Kaap ver­wag kan word.

“Die koue weer ver­sprei Woens­dag (mô­re) en Don­der­dag oos- en noord­waarts. Die koue sal van Woens­dag (mô­re) in die Oos-Kaap, die sui­de­li­ke de­le van K­waZu­lu-Na­tal, die sui­de­li­ke de­le van die Vry­staat en die Noord-Kaap ge­voel word.”

Die SAWD sê in ’n ver­kla­ring dat klein­vee­boe­re vroeg­ty­dig voor­ko­men­de stap­pe moet doen om hul vee teen dié kou­e­front te be­skerm. Lig­te sneeu kan van mô­re­og­gend in die hoog­lig­gen­de ge­bie­de in die Wes-Kaap en die we­s­te­li­ke hoog­lig­gen­de ge­bie­de in die Oos-Kaap ver­wag word.

Die sneeu sal na ver­wag­ting oos­waarts ver­sprei en die oos­te­li­ke de­le van die Oos-Kaap teen mô­re­mid­dag be­reik.

“Die sneeu sal oor die noord­oos­te­li­ke ber­ge van die OosKaap in ge­bie­de soos R­ho­des en Bark­ly-Oos, as­ook in Le­so­tho swaar en ont­wrig­tend raak.”

Ven­ter sê die sneeu kan ver­oor­saak dat berg­pas­se ge­sluit en ver­keer ont­wrig word.

“Ver­der sal lig­te tot ma­ti­ge sneeu na ver­wag­ting Don­der­dag na die suid­wes­te­li­ke en we­s­te­li­ke

hoog­lig­gen­de ge­bie­de van K­waZu­lu-Na­tal en die suid­oos­te­li­ke en oos­te­li­ke ge­bie­de van die Vry­staat ver­sprei.”

Re­ën kan ver­wag word oor die sui­de­li­ke en oos­te­li­ke de­le van die land. Van Don­der­dag af sal die re­ën be­gin op­klaar in die wes­te van die land, maar in M­pu­ma­lan­ga, K­waZu­lu-Na­tal, die oos­te­li­ke de­le van die Vry­staat en in die Oos-Kaap sal dit aan­hou re­ën.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.