Is Du­a­ne me­di­sy­ne vir Bok­ke se pyn?

Hy bied er­va­ring en kan rank in lyn­sta­ne

Volksblad - - Voorblad - S­te­phen Nell

Kop­pe gaan rol wan­neer die S­pring­bok-span vir die naweek se toets teen Frank­ryk ge­kies word – maar Al­lis­ter Coetzee was gis­ter tjoep­stil oor hoe pre­sies hy die snoei­skêr gaan in­lê.

Die aan­koms van die veteraan-los­voor­spe­ler Du­a­ne Ver­meu­len by die Bok-span in die Fran­se hoof­stad gee ’n mens wel ’n paar lei­dra­de. Ver­meu­len is beslis nie om do­we neu­te uit die Fran­se klub Tou­lon se ge­le­de­re ont­bied nie.

Net ver­le­de week nog het Coetzee ge­sê hy twy­fel of Ver­meu­len werk­lik ’n ver­skil sal maak ge­ge­we kwes­sies soos kon­ti­nu­ï­teit en span­kul­tuur.

Maar ná Pie­ter-S­te­ph du Toit se har­sing­skud­ding en ’n re­kord­ne­der­laag van 3-38 teen Ier­land is die Bok-brei­er waar­skyn­lik tot ander in­sig­te ge­dwing.

Dit kan hom ook in staat stel om ’n meer or­to­dok­se los­voor­spe­ler-kom­bi­na­sie te kies: Ver­meu­len op agt­ste­man, Fran­cois Louw wat oop­kant­flank toe skuif en Siya Ko­li­si aan die steel­kant.

Met Louw in die rol van agt­ste­man en Du Toit op die flank het twee le­de van die Bok­ke se los­trio rol­le ver­vul waar­aan hul­le nie ge­woond is nie. Ko­li­si is boon­op ’n be­ter bal­dra­er as -jag­ter, so hy is ook nie op­ti­maal be­nut nie.

Tog het Coetzee dit gis­ter dui­de­lik

ge­maak dat hy nie op die lan­ge duur gaan af­sien van die plan om Du Toit as ’n flank te kies nie.

“Pie­ter-S­te­ph was baie goed in die lyn­sta­ne en dit was vir ons ’n groot ba­te in die laas­te twee wed­stry­de teen die All Blacks en Ier­land. Sy al­ge­me­ne spel as steel­kant­flank was uit­ste­kend,” sê Coetzee.

Ver­meu­len is na­tuur­lik ook ’n nut­ti­ge lyn­staan­ran­ker, wat be­te­ken dat die Bok­ke ge­dug in daar­die fa­set sal wees.

Nog ’n kos­ba­re ding wat Ver­meu­len die span bied, is sy er­va­ring van 37 toet­se. Coetzee meen juis ’n ge­brek aan er­va­ring is vir sy span ’n groot pro­bleem.

“Hier­die is nie ’n er­va­re Bok­span nie. Jy het by­voor­beeld vir Mal­colm Marx, wat ’n baie er­va­re ha­ker in Ro­ry Best as teen­stan­der ge­had het, ter­wyl ons met Coe­nie se be­se­ring ook in ’n po­si­sie be­land het waar ’n jong vas­kop­stut, Wil­co Louw, am­per die he­le wed­stryd moes speel. Jy be­rei nie voor daar­voor dat ’n plaas­ver­van­ger 77 mi­nu­te speel nie,” sê Coetzee.

“Die eind­tel­ling was 38-3 vir Ier­land, maar na­dat hul­le met 14-0 voor­ge­loop het, was die tel­ling 46 mi­nu­te lank 3 elk voor­dat ons in­ge­plof het. Dit is ’n goeie jong Suid-A­fri­kaan­se span wat met ge­noeg leer­kans sal ver­be­ter. Dis wan­neer ’n span sy les­se ge­leer het dat hy ver­be­ter en wen.”

Coetzee sê ver­der hy sal spe­lers ge­leent­he­de gee in po­si­sies as hy meen hul­le kan waar­de toe­voeg tot die plan wat vir die Ha­ne be­raam word.

Hy sal dalk by sy bin­ne­ag­ter­spe­lers moet be­gin, met Han­dré Pol­lard en Fran­cois Ven­ter se­ker­lik sterk kan­di­da­te om on­der­skei­de­lik El­ton Jan­tjies en Da­mi­an de Al­len­de op los­ska­kel en bin­ne­sen­ter te ver­vang.

Coetzee klou eg­ter steeds vas aan die be­gin­sel van kon­ti­nu­ï­teit.

“Ier­land is dank­sy kon­ti­nu­ï­teit waar hul­le van­dag is. Co­nor Mur­ray en Jo­na­than Sex­ton speel al lank as ska­kel­paar saam en weet wat om te doen in nat toe­stan­de en wan­neer die span ag­ter is. Dís wat kon­ti­nu­ï­teit jou gee.”

Foto: GET­TY IMAGES

Du­a­na Ver­meu­len in ak­sie in ’n vroe­ë­re oe­fen­ses­sie.

Al­lis­ter Coetzee op gis­ter se me­di­a­kon­fe­ren­sie in Pa­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.