Mas­syn se hoof­tooi­sel maak hom NY se held

Eg­ter toe vir sy ‘kroon’

Volksblad - - Voorblad - Mol­ly G­reen

Die in­ter­na­si­o­naal be­ken­de lang­a­sem Lou­is Mas­syn, wat die New York-ma­ra­thon oor 42 km in 4:00:51 vol­tooi het, het hom deeg­lik mis­gis toe hy ge­dink het hy word deur dui­sen­de men­se toe­ge­juig om­dat hy sy Com­ra­des 45-frok­kie aan­ge­had en die SuidA­fri­kaan­se vlag laat wap­per het.

Die lui­de toe­jui­ging was in­der­daad om­dat hy ’n spons­mus­sie op­ge­had het wat soos die kroon van die S­ta­tue of Li­ber­ty lyk.

Die toe­skou­ers het ge­dink hy dra die kroon ter ere van die stand­beeld.

Lou­is (67) se ge­vleu­el­de voe­te mik nou in die rig­ting van die Bos­ton-ma­ra­thon. Hy het reeds aan­soek ge­doen om deel te neem, maar weet nog nie of hy aan­vaar is nie.

Tus­sen 30 000 en 45 000 at­le­te neem ge­woon­lik aan dié ma­ra­thon deel.

Dié ma­ra­thon word in A­pril 2018 in A­me­ri­ka ge­hard­loop en is die oud­ste ma­ra­thon ter wê­reld.

Lou­is, ’n boor­ling van O­den­daals­rus wat al 45 Com­ra­des- en 42 Twee O­se­a­ne-wed­lo­pe vol­tooi het, sê die New York City-ma­ra­thon van 5 No­vem­ber was ’n be­le­we­nis wat hy nooit sal ver­geet nie.

“Om saam met der­dui­sen­de at­le­te van 125 lan­de weg te spring was on­ver­geet­lik. Al­te­saam 50 640 lang­a­sems het deel­ge­neem. Net dié wat bin­ne ses en ’n half uur klaar­ge­maak het, het me­dal­jes ont­vang.

“Ons het deur ton­nels toe­skou­ers ge­hard­loop en tyd ge­maak om langs die pad te stop om saam met or­kes­te te sing en te dans. Dit was die lekkerste ma­ra­thon waar­aan ek tot dus­ver deel­ge­neem het. En glo my, ek het ge­gaan om dit te ge­niet en dit is wat ge­beur het.”

Daar was baie Suid-A­fri­ka­ners in New York en ver­skeie men­se het hom her­ken.

Daar was ook ’n artikel oor Lou­is in die New York Ti­mes. Die in­lig­ting is deur sy vriend en borg, Kobus Mou­ton, in­ge­stuur.

Hy het die Suid-A­fri­kaan­se vlag by die 21-myl-merk by ’n Fa­ce­book-vrien­din, E­mi­ly Litt­man, ge­kry. Dié A­me­ri­ka­ner het die vlag in Suid-A­fri­ka ge­koop.

“Ek wil graag vir al­mal dan­kie sê wat vir my ge­luk­wen­sings ge­stuur het,” het Mas­syn laat weet.

Foto: VER­SKAF

Lou­is Mas­syn hard­loop hier met sy S­ta­tue of Li­ber­ty­hoed langs Le­o­ni S­tan­der van Kroon­stad in die New York­ma­ra­thon.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.