Tie­ner se broer dreig kin­ders by hof

Volksblad - - Voorblad - An­dré Da­mons

’n Cha­os het gis­ter­og­gend voor die land­dros­hof in E­den­burg in die Vry­staat uit­ge­breek toe fa­mi­lie­le­de van ’n tie­ner­seun, wat weens die aan­ran­ding op ’n on­der­wy­ser in die hof ver­skyn het, glo kin­ders bui­te die hof ge­dreig het.

Die jong man het die kin­ders, al­mal in die groen skool­u­ni­form van die La­er­skool E­den­hoog­te, voor die hof ge­dreig waar­na van hul­le weg­ge­hard­loop het.

’n Hand­jie­vol kin­ders het gis­ter­og­gend saam met van die skool se on­der­wy­sers, per­so­neel­le­de en ou­ers na die hof op­ge­ruk waar die 15-ja­ri­ge seun ver­skyn het.

Die seun het op aan­klag­te van po­ging tot moord, twee aan­klag­te van ont­voe­ring, die be­sit van ’n ge­vaar­li­ke wa­pen en op­set­li­ke saak­be­ska­di­ging in die hof ver­skyn na­dat hy Ka­rin Coetzee (33), ’n A­fri­kaans­on­der­wy­se­res van die La­er­skool E­den­hoog­te, na be­we­ring her­haal­de­lik met ’n jag­mes ge­steek het.

Vol­gens in­wo­ners het die seun se broer glo die kin­ders ge­dreig en wou hy met hul­le ba­klei. Toe die po­li­sie, wat die ge­meen­skap se op­tog dop­ge­hou het, hom wou aan­keer, het hy die hof­ge­bou in ge­vlug.

Die po­li­sie­be­amp­tes het hom gaan haal en na die po­li­sie­kan­toor ge­bring.

Die be­skul­dig­de se pa het Coetzee en haar man ook na be­we­ring ge­dreig deur aan hul tuin­wer­ker te sê hul­le “gaan te­rug­kom en klaar­maak waar­mee hul­le be­gin het”.

De­wald Coetzee, Ka­rin se man, sê hy het die no­di­ge in­ter­dik­te ver­kry.

“Dit is vir my skok­kend. Die ou­ers praat nog heel­tyd goed wat hul kind ge­doen het. Dit is reg­tig skok­kend dat ou­ers nie ver­ant­woor­de­lik­heid neem vir hul kin­ders nie,” sê hy.

Vol­gens hom is sy vrou nog e­mo­si­o­neel en ge­skok. Sy her­leef die voor­val die he­le tyd en kry be­ra­ding, sê hy.

Hy sê hul­le is dank­baar vir die ge­meen­skap se on­der­steu­ning, ge­be­de en be­soe­ke.

“Dit is ’n riem on­der die hart om te sien hoe baie on­der­steu­ning daar vir my vrou is. Die ge­meen­skap is hart­seer en ge­skok. Die men­se is kwaad,” sê Coetzee.

A­zil­le Con­ra­die, ook ’n on­der­wy­se­res by die skool en Ka­rin se vrien­din, sê die op­tog gee ’n mens hoop en wys dat al­mal teen ge­weld kan saam­staan.

“As ’n on­der­wy­ser is dit in­ti­mi­de­rend om te weet dit (’n aan­val) kan e­ni­ge tyd met jou ge­beur. Die leer­lin­ge kom vra ge­reeld hoe dit met haar (Ka­rin) gaan en vra wan­neer sy te­rug­kom. Hul­le het vir haar kaart­jies ge­maak en is baie lief­de­vol,” sê Con­ra­die.

Vol­gens haar is al­mal by die skool nou bang ná die drei­ge­ment van die aan­val­ler se pa.

Die kin­ders het plak­ka­te ge­dra met die woor­de “Ge­noeg is ge­noeg”, “Stop die ge­weld”, “Hou op ons on­der­wy­sers mis­han­del” en “Geen borg­tog”.

P­ha­la­di S­hu­ping, woord­voer­der van die na­si­o­na­le ver­vol­gings­ge­sag, sê die seun se ver­hoor is tot 24 No­vem­ber uit­ge­stel om­dat sy reg­span hom vir waar­ne­ming wil s­tuur. Hy bly in aan­hou­ding in ’n plek van vei­lig­heid.

Foto’s: AN­DRÉ DA­MONS

Leer­lin­ge van die La­er­skool E­den­hoog­te in E­den­burg be­toog gis­ter voor die dorp se land­dros­hof waar ’n tie­ner­seun ver­skyn het weens die be­weer­de aan­ran­ding van ’n on­der­wy­se­res.

Van die leer­lin­ge hard­loop weg na­dat die jong ver­dag­te se broer hul­le glo bui­te die hof ge­dreig het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.