Pa­rys­6: Saak ruk so­veel­ste keer tot stil­stand

Volksblad - - Nuus - Alet van der Walt

Die moord­ver­hoor in Pa­rys se rond­gaan­de hof het gis­ter die so­veel­ste keer tot stil­stand ge­kom en sal eers mô­re her­vat word.

Reg­ter Cor­né van Zyl het gis­ter­mid­dag ge­sê regs­lui van die ver­de­di­ging en die staat sal van­og­gend weer saam met die be­skul­dig­des in die hof ver­skyn, maar daar sal eers weer mô­re ge­tui­e­nis ge­le­wer word.

M­ül­ler van der West­hui­zen, ’n art. 204-ge­tuie, het ver­le­de week sy hoof­ge­tui­e­nis ge­le­wer en sou gis­ter deur Kobus Bur­ger kruis­on­der­vra word.

Van Zyl het aan die hof ge­sê sy is deur die on­der­skeie reg­span­ne ge­na­der en het die ver­hoor uit­ge­stel om­dat dit in die be­lang van ge­reg­tig­heid is.

Nie die ver­de­di­ging of die staat se regs­lui wou gis­ter sê waar­om die ver­hoor ver­traag word nie.

Die ver­hoor van Boe­ta van der West­hui­zen, An­ton Log­gen­berg, kapt. Henk Prins­loo, Cor Log­gen­berg, Loe­die van der West­hui­zen en Mie­la Jan­sen van Vuuren spruit uit ’n be­weer­de mis­luk­te plaas­aan­val op 6 Ja­nu­a­rie 2016.

Op dié dag het Loe­die van der West­hui­zen (die pa en ou­pa van twee van die be­skul­dig­des) ’n nood­knop­pie ge­druk na­dat hy glo deur mans by sy huis op ’n plaas bui­te Pa­rys aan­ge­val is.

Meer as 40 boe­re en ander in­wo­ners het Van der West­hui­zen te hulp ge­snel en twee mans is deur die groep in heg­te­nis ge­neem.

Sa­mu­el T­jixa (28) en Si­mon Ju­be­ba (37) is so erg aan­ge­rand dat al­bei ge­sterf het.

Die eer­ste mans het op 8 Ja­nu­a­rie 2016 op aan­klag van moord in die hof ver­skyn.

Oor die vol­gen­de vyf maan­de het die staat 13 mans van die moor­de aan­ge­kla.

Die saak teen Johan Cilliers sr. en Johan Cilliers jr. is laat vaar. Ri­aan Swart, klein­seun van Johan Cilliers sr., is in­ge­vol­ge ’n plei­toor­een­koms ge­von­nis en vier ander be­skul­dig­des het be­sluit om vir die staat te ge­tuig.

Dié vier, Wi­an, Wi­cus en M­ül­ler van der West­hui­zen en Fa­nie Oost­hui­zen, ge­tuig in­ge­vol­ge art. 204 vir die staat.

Oost­hui­zen en Wi­cus het reeds ge­tuig, M­ül­ler is tans in die ge­tui­e­bank en Wi­an sal na ver­wag­ting la­ter van­dees­week ge­tuig.

Die on­der­soek is van meet af aan ge­ken­merk deur op­ont­hou­de, en be­swa­re deur die staat se reg­span het ver­le­de jaar die borg­to­gaan­soek van die be­skul­dig­des dae lank laat sloer.

Die staat het on­der meer be­swaar ge­maak daar­teen dat land­dros­te Leshnee Pil­lay en Gus­tav Prins­loo, on­der­skei­de­lik van Pa­rys en V­re­de­fort, die borg­to­gaan­soe­ke han­teer.

In Mei van­jaar het ’n hof­aan­soek van die SAUK daar­toe ge­lei dat die hof­ver­rig­tin­ge twee dae lank ver­traag is.

Die SAUK het aan­soek ge­doen om die ver­hoor uit te saai en het op 3 No­vem­ber on­der se­ke­re voor­waar­des toe­stem­ming ge­kry om dit te doen.

’n Aan­soek is ook in Mei in­ge­dien dat An­ton se borg­tog te­rug­ge­trek moet word.

Oc­kert van Zyl, ’n staats­ge­tuie, het be­weer Log­gen­berg het hom ge­bel en ge­dreig.

Dit het twee dae ge­duur om ’n ge­skik­te land­dros te kry om die staat se aan­soek aan te hoor.

Land­dros Jan Claas­sen het die aan­soek ver­werp en ge­sê daar is geen be­wy­se dat Van Zyl ge­dreig is nie.

Kobus Bur­ger, Gi­de­on Man­del­stam, Han­nes G­rim­beek en adv. Nico D­rey­er tree na­mens die be­skul­dig­des op.

Ad­vo­ka­te Ja­bu­la­ni Mlotshwa en San­di­le Mt­hethwa kla aan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.