‘Kon­fe­ren­sie sál plaas­vind’

Volksblad - - Nuus - P­hil­da Es­sop

Die ANC sal nie ’n jaar voor ’n na­si­o­na­le ver­kie­sing wil ba­klei nie en sal dus waar­skyn­lik kom­pro­mieë aan­gaan om te ver­se­ker dat sy ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie wel in De­sem­ber plaas­vind.

“Die kon­fe­ren­sie moet voort­gaan om­dat sy hui­di­ge lei­ers­korps se amps­ter­myn in De­sem­ber ein­dig. Hul­le sal met ’n baie erns­ti­ge pro­bleem van le­gi­ti­mi­teit sit as die kon­fe­ren­sie nie voort­gaan nie,” het dr. M­ce­bi­si Nd­le­ty­a­na, po­li­tie­ke ont­le­der ver­bon­de aan die U­ni­ver­si­teit van Jo­han­nes­burg, gis­ter by na­vraag ge­sê.

Dit kom na­dat die ANC se na­si­o­na­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (NUK) die af­ge­lo­pe drie dae op ’n spe­si­a­le ver­ga­de­ring was om sy be­plan­ning vir die De­sem­ber-kon­fe­ren­sie te fi­na­li­seer.

Rap­port het die naweek be­rig dat min van die groot ANC-pro­vin­sies hul ver­plig­te tak­ver­ga­de­rings, wat moet be­sluit op die af­ge­vaar­dig­des na dié kon­fe­ren­sie, af­ge­han­del het. Die kon­fe­ren­sie sal net voort­gaan as min­stens 70% van die af­ge­vaar­dig­des teen­woor­dig is.

Van die groot­ste tak­ke in M­pu­ma­lan­ga, die Vry­staat en Noord­wes, waar­van som­mi­ge meer as 1 000 le­de het, suk­kel glo om 50% van hul in­ge­skre­we le­de vir be­noe­mings­ver­ga­de­rings by­een te kry.

Nd­le­ty­a­na sê die ANC sal “geen keu­se” hê as om deur te druk met die be­plan­de kon­fe­ren­sie nie.

“Jy sal met baie on­te­vre­de ANC­lei­ers sit as die kon­fe­ren­sie nie plaas­vind nie. Jy kan nie ba­klei in die jaar voor ’n ver­kie­sing nie. Hul­le sal geen keu­se hê nie en waar­skyn­lik kom­pro­mieë aan­gaan. Daar is ANC-le­de wat nie om­gee nie, maar ook baie jong lei­ers wat ’n toe­koms in die ANC sien en die self­ver­nie­ti­ging van die par­ty wil teen­gaan,” sê hy.

Of­skoon die par­ty van­mid­dag die be­slui­te van sy spe­si­a­le NUK­ver­ga­de­ring op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie sal aan­kon­dig, het die par­ty gis­ter in ’n ongewone stap ’n me­di­a­ver­kla­ring uit­ge­reik waar­in hy ge­rug­te ont­ken dat die ver­ga­de­ring die moont­lik­heid be­spreek het om G­we­de Man­tas­he as die ANC se se­kre­ta­ris-ge­ne­raal te ver­wy­der.

T­heo Ven­ter, po­li­tie­ke ont­le­der aan die Noord­wes-U­ni­ver­si­teit, glo ook dat die kon­fe­ren­sie sal voort­gaan. Hy het drie moont­li­ke sce­na­rio’s ge­skets. As adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa tot ANC-pre­si­dent ver­kies word, kan Zu­ma al ein­de Ja­nu­a­rie as staats­hoof her­roep wees. Dit sal ’n ra­di­ka­le ve­ran­de­ring in die sa­me­stel­ling van die NUK ver­on­der­stel.

In die twee­de sce­na­rio kan ’n kom­pro­mis­kan­di­daat ver­kies word. “Dit kan wees dat Ra­map­ho­sa die lei­er word, maar met som­mi­ge Zu­ma-on­der­steu­ners in die top­ses-lei­ers­pos­te, wat kan be­te­ken dat Zu­ma lan­ger gaan oor­leef.”

In die der­de sce­na­rio waar­in dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma, ANCLP, wen, bly Zu­ma tot A­pril 2019 aan as staats­hoof.

Met ver­wy­sing na die pro­ble­me met die tak­ver­ga­de­rings voor­spel Ven­ter dat daar waar­skyn­lik ’n klomp ad­mi­nis­tra­tie­we aan­pas­sings sal plaas­vind ge­grond op tak­ke se on­ver­moë om te ver­ga­der. Dit kan be­te­ken dat die ge­tal af­ge­vaar­dig­des na die kon­fe­ren­sie aan­sien­lik min­der kan wees as wat aan­vank­lik aan­ge­dui is.

Foto: TEBOGO LETSIE, CITY PRESS

Pres. Ja­cob Zu­ma, adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa en dr. Z­we­li Mk­hi­ze, ANC­te­sou­rier­ge­ne­raal, Sa­ter­dag op die spe­si­a­le NUK­ver­ga­de­ring.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.