Met­si­ma­ho­lo: SAKP s­taan teen ANC

Volksblad - - Nuus - Ma­rie­tjie Ge­ric­ke

Die Suid-A­fri­kaan­se Kom­mu­nis­tie­se Par­ty (SAKP) gaan oor twee we­ke die ANC in al 21 wy­ke in die Met­si­ma­ho­lo-ver­kie­sing (Sa­sol­burg) teen­staan pleks daar­van om as deel van die al­li­an­sie deel te neem.

Dr. Bla­de N­zi­man­de, se­kre­ta­ris-ge­ne­raal van die SAKP wat on­langs deur pres. Ja­cob Zu­ma as mi­nis­ter van ho­ër on­der­wys en op­lei­ding ont­slaan is, het Son­dag op die par­ty se Rooi Ok­to­ber-saam­trek ge­dreig dat die par­ty ook in die ver­kie­sing in 2019 teen die ANC kan s­taan.

Die be­raad van die drie­par­ty­al­li­an­sie het geen vrug­te af­ge­werp nie.

“Die SAKP is sterk op pad na ’n be­twis­te ver­kie­sing in Met­si­ma­ho­lo. Dit is ’n be­gin­sel­saak en ge­meen­skap­pe het ge­vra dat die SAKP al­leen aan die tus­sen­ver­kie­sing op 29 No­vem­ber deel­neem.”

P­hil­lip K­ga­ny­a­go, woord­voer­der van die SAKP, sê dit sal die eer­ste keer se­dert 1994 wees dat die SAKP nie as al­li­an­sie­ven­noot aan ’n mu­ni­si­pa­le ver­kie­sing in Suid-A­fri­ka deel­neem nie. “Baie men­se in die ge­meen­skap het ge­vra dat ons op ons eie aan die ver­kie­sing in Met­si­ma­ho­lo deel­neem.”

Hy sê ’n be­sluit is reeds in Ju­lie van­jaar op hul na­si­o­na­le kon­gres ge­neem dat die par­ty op sy eie gaan s­taan.

In­tus­sen sê Ma­riet­te Pit­ta­way, DA-kies­af­de­lings­hoof van Met­si­ma­ho­lo en Ma­fu­be, dat die DA Met­si­ma­ho­lo graag vir hom wil vat. “Ons wil kor­rup­sie stop, diens­le­we­ring ver­be­ter en die in­wo­ners ’n be­ter le­we gee. Die DA wil graag ’n Vry­staat­se mu­ni­si­pa­li­teit be­heer so­dat ons kan wys hoe lyk diens­le­we­ring waar ons re­geer.

“Dit sal ook be­lang­rik wees vir ons visie om in 2019 in Suid-A­fri­ka te re­geer.”

Pit­ta­way sê daar is 21 wy­ke in Met­si­ma­ho­lo en die DA het 30 kan­di­da­te. Daar is so­wat 79 000 kie­sers.

“Die DA was ná die Au­gus­tus-ver­kie­sing ver­le­de jaar in be­heer met ’n ko­a­li­sie­re­ge­ring. Maar die MCA (Met­si­ma­ho­lo Com­mu­ni­ty As­so­ci­a­ti­on) het ons aan die ANC uit­ver­koop. Hul­le het al­le DA- mu­ni­si­pa­le bur­ge­mees­ters­ko­mi­tee­le­de met ANC-raads­le­de ver­vang. Die se­tels in die mu­ni­si­pa­li­teit was toe 21 (ANC en MCA) teen 21 (DA, EFF en VF Plus), ’n ‘hang­raad’.

“Die ANC het toe ’n be­gro­ting pro­beer deurdruk waar­by die ge­meen­skap nie sou baat vind nie. Die DA het ge­wei­er om dit goed te keur. Die Grond­wet be­paal dat ’n mu­ni­si­pa­li­teit ont­bind moet word as die be­gro­ting nie voor 30 Ju­nie goed­ge­keur word nie.”

Sy sê so­wat 15 po­li­tie­ke par­tye is nou be­sig met veld­tog­te.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.