Man wat plan voor­stel vir JZ was vroeër ’n spi­oen

Volksblad - - Nuus -

Die man wat vol­gens ge­rug­te ’n om­stre­de fi­nan­sie­rings­plan vir ter­si­ê­re on­der­rig aan pres. Ja­cob Zu­ma voor­ge­stel het, was voor­heen ’n spi­oen.

Vol­gens News24 het hy be­wy­se dat Mu­ko­vhe Mor­ris Ma­su­tha ’n a­gent van die S­taats­vei­lig­heids­a­gent­skap (SVA) was – al toe hy ’n voor­bok in die #Fees­Mus­tFall-veld­tog was.

Ma­su­tha was ook die kê­rel van Zu­ma en dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­niZu­ma se dog­ter, T­hut­hu­ki­le Zu­ma.

Die on­der­wys­plan, wat blyk­baar bin­ne­kort deur Zu­ma in­ge­stel gaan word on­danks die be­vin­din­ge van die He­her-kom­mis­sie na ter­si­ê­re on­der­rig, maak glo staat op be­snoei­ings in al­le staats­de­par­te­men­te so­dat R40 mil­jard in 2018 vir stu­den­te be­skik­baar ge­stel kan word.

Daar word selfs be­spie­gel dat die ma­nier waar­op Zu­ma die plan wil deurdruk, ge­lei het tot gis­ter se be­dan­king van Mi­cha­el Sa­chs, die ad­junk-di­rek­teur-ge­ne­raal in die te­sou­rie.

Ma­su­tha was in 2010 stu­den­te­raads­voor­sit­ter aan die U­ni­ver­si­teit van die Wit­wa­ters­rand en is die stig­ter van die T­husa­na­ni-stig­ting, wat gra­tis on­der­rig vir arm stu­den­te voor­staan.

Vol­gens die Mail & Gu­ar­di­an het hy in 2016 van die be­to­gings by Wits ge­lei – al was hy toe be­sig met na­graad­se stu­dies in En­ge­land. Hul­le het foto’s van hom wat die Groot­saal op kam­pus met ’n stok be­storm. Hy was vol­gens in­lig­ting tóé ’n SVA-a­gent.

Ja­c­ques Pauw skryf in sy boek The Pre­si­dent’s Kee­pers dat spi­oe­ne ’n groot rol ge­speel het in die Fees­Mus­tFall-be­we­ging.

Foto: GCIS

Pres. Ja­cob Zu­ma en Mu­ko­vhe Mor­ris Ma­su­tha.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.