Beau­fort­Wes is da­rem nog nie héél­te­mal droog

Volksblad - - Nuus - – Si­mon Son­ne­kus

Al is die Gam­ka­dam na­by Beau­fort-Wes leeg, is dit nie dag nul in dié dorp nie.

Vol­gens Ja­mes-B­rent S­ty­an, woord­voer­der van An­ton B­re­dell, Wes-Kaap­se LUR vir plaas­li­ke re­ge­ring, voor­sien die dam slegs 14% van die dorp se wa­ter. “Daar is 32 boor­ga­te in die dorp, as­ook ’n her­win­nings­aan­leg wat ri­ool­wa­ter in drink­ba­re wa­ter om­ska­kel. Ons hoop om bin­ne­kort nog ’n paar boor­ga­te te boor, maar wag nog op fi­nan­sie­ring. Dit is non­sens dat dit dag nul in die dorp is. Ons het ge­beur­lik­heids­plan­ne vir wan­neer dit er­ger raak.”

Vol­gens Chris­to­pher W­rig­ht, be­stuur­der van teg­nie­se diens­te in die dorp, is die dam al se­dert 7 Ok­to­ber leeg. “Die her­win­nings­aan­leg ver­skaf daag­liks om­trent 1 mil­joen li­ter wa­ter.”

S­ty­an sê die toe­na­me in be­soe­kers in die fees­tyd gaan ek­stra druk op die wa­ter­bron­ne plaas.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.