Be­gin van die ein­de?

Zim se weer­mag ‘waar­sku’ Mu­ga­be

Volksblad - - Voorblad - Sa­rel van der Walt

Die Zim­bab­wie­se weer­mag het gis­ter met mags­ver­toon ’n waar­sku­wing aan die re­ge­ring van pres. Ro­bert Mu­ga­be (93) ge­rig deur vier tenks in die rig­ting van Ha­ra­re te laat ry.

Nog t­wee tenks is so­wat

20 km bui­te die stad aan weers­kan­te van die pad tus­sen Ha­ra­re en C­hin­hoyi ge­sien, be­rig Reu­ters.

Sol­da­te en an­der weer­mag­per­so­neel is ook op an­der paaie op­ge­merk waar hul­le pad­ver­sper­rings op­ge­stel het.

So­si­a­le me­dia in Suid-A­fri­ka se noor­de­li­ke buur­land het be­hoor­lik ge­gons met ver­moe­dens dat die weer­mag met ’n staats­greep be­sig is.

On­danks die tenks wat in die stad ge­sien is, het die in­wo­ners in Ha­ra­re hul ge­wo­ne gang ge­gaan.

Deon T­heron, wat in Ha­ra­re woon, het gis­ter­aand ge­sê die si­tu­a­sie in die Zim­bab­wie­se hoof­stad is kalm. “Ek het net­nou deur die bui­te­wy­ke ge­ry en al­les is rus­tig. Die wiel is be­slis be­sig om hier te draai.

“Hier is baie on­se­ker­heid, maar ook op­ge­won­den­heid on­der die men­se,” sê T­heron.

Prof. Pie­ter La­bu­schag­ne, ’n ken­ner van Zim­bab­we se po­li­tiek en ge­skie­de­nis aan U­ni­sa, meen dit was nie ’n staats­greep­po­ging nie, maar eer­der ’n “waar­sku­wing van die Zim­bab­wie­se weer­mag aan die re­ge­ring”.

La­bu­schag­ne sê as dit ’n mi­li­tê­re staats­greep was, sou die weer­mag dit met mi­li­tê­re pre­sies­heid uit­ge­voer het.

Die po­li­tie­ke kri­sis in die land en die re­ge­ren­de Za­nu-PF­par­ty is te wy­te aan die stryd oor wie Mu­ga­be as pre­si­dent moet op­volg.

Hy is reeds 37 jaar lank pre­si­dent.

Die Za­nu-PF-par­ty se jeug­li­ga on­der­steun Mu­ga­be se vrou, Gra­ce, ter­wyl die oud­vry­heids­veg­ters en die weer­mag lo­jaal is aan Em­mer­son M­nang­ag­wa, voor­ma­li­ge ad­junk­pre­si­dent wat ver­le­de week deur Mu­ga­be af­ge­dank is.

M­nang­ag­wa is al­ler­weë ge­sien as ’n op­vol­ger vir Mu­ga­be, maar Mu­ga­be wil eer­der sy vrou as op­vol­ger hê.

Genl. Con­stan­ti­no C­hi­wen­ga, weer­mag­hoof, het Maan­dag op ’n me­di­a­kon­fe­ren­sie waar min­stens 90 se­ni­or weer­mag­le­de teen­woor­dig was, die po­li­tie­ke tem­pe­ra­tuur in die land ver­der laat styg toe hy met ver­wy­sing na on­der meer M­nang­ag­wa se af­dan­king ge­sê het: “Die hui­di­ge sui­we­ring wat le­de van die par­ty (Za­nu-PF) met ’n be­vry­dings­ag­ter­grond tei­ken, moet ein­de kry.”

Za­nu-PF het gis­ter­aand in ’n ver­kla­ring ge­sê C­hi­wen­ga se woor­de is be­re­kend en be­doel om die vre­de en sta­bi­li­teit te ver­steur. Sy op­tre­de “grens aan hoog­ver­raad”.

Die par­ty sal ook nooit toe­gee aan druk deur die weer­mag nie.

Die par­ty se jeug­li­ga het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hul­le sal met hul le­we boet om Mu­ga­be se be­wind te ver­de­dig.

Ku­d­zai C­hi­pan­ga, se­kre­ta­ris van die jeug­li­ga, be­stem­pel die weer­mag­hoof se uit­la­tings as drei­ge­men­te.

La­bu­schag­ne sê as die Zim­bab­wie­se weer­mag ’n staats­greep wou uit­voer, sou hy.

“Hy sou baie vin­nig be­weeg, sleu­tel­pun­te oor­ge­neem, Mu­ga­be in heg­te­nis ge­neem en die stads­kern van Ha­ra­re be­heer het. Eers daar­na sou hy ’n ver­kla­ring uit­ge­reik het om te sê wat hy ge­doen het. Wat hy ge­doen het, was om soos hul­le in die vloot sê ‘net oor ’n an­der skip se boeg te skiet’ om daar­mee ’n waar­sku­wing te rig.

“Wat ge­beur het, is steeds baie be­te­ke­nis­vol om­dat dit ’n ge­ne­raal en sy se­ni­or of­fi­sie­re is wat dié waar­sku­wing uit­ge­stuur het,” sê La­bu­schag­ne.

“Hul­le het die re­ge­ring nie uit­ge­daag nie, maar ge­waar­sku.”

Fo­to: REU­TERS

Sol­da­te wag gis­ter by weer­mag­tenks net bui­te Ha­ra­re.

Genl. Con­stan­ti­no C­hi­wen­ga

Pres. Ro­bert Mu­ga­be

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.