El­ton John soek Ja­c­ques Pauw se boek

Volksblad - - Voorblad - Ma­ri­a­na Ma­lan

Die B­rit­se san­ger sir El­ton John het ’n ge­te­ken­de ek­sem­plaar van die on­der­soe­ken­de joer­na­lis Ja­c­ques Pauw se op­spraak­wek­ken­de boek The Pre­si­dent’s Kee­pers be­stel.

Je­an Pie­ters, wat re­kla­me vir nie­fik­sie by NB Uit­ge­wers doen, het be­ves­tig dat die ver­soek per e-pos deur John se stig­ting aan die uit­ge­wer ge­rig is.

“Ons kan nie die pre­sie­se in­houd van die e-pos be­kend maak nie,” het sy ge­sê. “El­ton John wil nie die ver­soek aan die groot klok hang nie.”

Die boek is reeds on­der groot be­lang­stel­ling in Jo­han­nes­burg be­kend ge­stel, waar ver­skeie po­li­ti­ci dit aan­ge­koop het.

Vol­gens Pie­ters weet sy van ver­skeie be­ken­des en po­li­ti­ci wat by die be­kend­stel­ling was en die boek ge­koop het, maar sy weet nie of hul­le dit laat on­der­te­ken het nie.

Die boek word van­dag in Kaap­stad be­kend ge­stel. Al­le be­skik­ba­re plek­ke vir die be­kend­stel­ling is reeds vol be­spreek.

Toe Net­werk24 na­vraag doen oor Pauw se re­ak­sie op El­ton John se e-pos, het Pie­ters ge­sê hy weet nog nie daar­van nie.

“Ek dink hy gaan van sy stoel af­val,” het sy ge­sê. Sy sal John se ek­sem­plaar op die be­kend­stel­ling vir hom laat on­der­te­ken. Pauw is die laas­te tyd daag­liks in die nuus waar be­rig­te oor die boek en moont­li­ke ge­vol­ge vir die skry­wer druk be­spreek word.

In die boek ont­hul Pauw van pres. Ja­cob Zu­ma se don­ker­ste ge­hei­me oor hoe sy teen­stan­ders uit die weg ge­ruim word, hoe on­skul­di­ges boet en hoe hy dit reg­kry om in sy pos en uit die tronk te bly. Die vraag bly of Zu­ma die ma­ri­o­net­te­mees­ter of die ma­ri­o­net is.

Fo­to: LULAMA ZENZILE

El­ton John

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.