Dié goue ou­es is nié stoep­sit­ters

Su­per­fiks be­jaar­des ver­slaaf aan at­le­tiek

Volksblad - - Voorblad - An­dré Damons

Ou­ma en ou­pa sit op die stoep . . .

Nie dié su­per­fiks ou­mas en ou­pas nie. Hul­le is g’n stoep­sit­ters nie, nee, hul­le hard­loop, gooi, stoot en s­pring. Hul­le is mees­te­rat­le­te.

Som­mi­ge van hul­le het be­gin om­dat dit “doc­tor’s or­ders” was, maar dit het nou ’n leef­styl ge­word. Dit is nou ’n ver­sla­wing.

“Jy staan el­ke og­gend met ’n doel op. Om op die stoep te sit, laat ’n mens nou oud word,” sê Nick Eras­mus (67) wat Sa­ter­dag saam met sy vrou, Zel­da (65), aan die Vry­staat-mees­te­rat­le­tiek­kam­pi­oen­skap in Bloem­fon­tein deel­ge­neem het.

Tus­sen hul­le het hul­le al 78 me­dal­jes in­ge­oes se­dert hul­le in Fe­bru­a­rie van­jaar at­le­tiek be­gin doen het.

Eras­mus het Sa­ter­dag aan die G­riek­se dis­kus, ge­wig­stoot, dis­kus, spies en ha­mer­gooi deel­ge­neem.

“Ons ge­niet dit. Dit is ’n lek­ker ge­voel. Die deel­ne­mers spoor me­kaar aan. ’n Ou se mind­set moet reg wees. Jy moet el­ke keer vir jou nu­we doel­wit­te stel,” sê hy.

Vir Jan S­tolz (81), af­ge­tre­de boer van P­re­to­ria, gaan dit oor om ge­sond te leef. Die ha­mer­gooi is sy guns­te­ling-nom­mer.

“Die gees tus­sen die ou­men­se is lek­ker. At­le­tiek is ge­sond en dit is lek­ker om deel te neem,” sê hy.

An­ne­li­ne Ma­lo­ney (48), wat in die kleu­re van die SANW deel­ge­neem het, sê dit is lek­ker om weer op die at­le­tiek­baan deel te neem waar sy 35 jaar ge­le­de as skool­mei­sie die eer­ste sma­kie van dié sport ge­kry het.

“Daar is ’n lek­ker gees tus­sen al die mees­te­rat­le­te en ons voel soos ’n fa­mi­lie. Dit gaan nie oor kom­pe­ti­sie nie, dit is soos ’n kui­er, elk­een het sy eie stan­daar­de en jy ding nie mee met ’n an­der per­soon nie.”

Vir Mag­da­le­na Tom­lin­son (75) van Dur­ban wat op 55 jaar be­gin deel­neem het, is dit nooit te laat om te be­gin nie. Sy het selfs haar eie hek­kies ge­maak waar­mee sy oe­fen.

“Ek is lief vir my at­le­tiek. Ek oe­fen el­ke lie­we dag, be­hal­we Son­dae. Toe ek in die 200 m om die draai kom en ek sien ek is voor ’n an­der vrou wat tien jaar jon­ger as ek is, was dit so ’n ‘O, yes!’-oom­blik,” sê sy trots.

Sy neem ge­woon­lik aan die 100 m, 200 m, 800 m, hin­der­nis­wed­loop en 300 m hek­kies deel. Haar man, Pa­trick (81), help haar met haar voor­be­rei­ding.

At­le­tiek is vir Nick Ag­gou­ras (60), wat aan die mas­sa­ha­mer,

ha­mer­gooi en dis­kus deel­ge­neem het, ’n ver­sla­wing.

Die oud­po­li­sie­man be­skryf hom­self as ’n ver­slaaf­de a­ma­teur­at­leet om­dat “’n mens nie eint­lik pro­fes­si­o­ne­le at­le­te in Suid-A­fri­ka kry nie”.

Hend­ry S­mook (67) van Beth­le­hem

het op “doc­tors or­ders” be­gin deel­neem om hom met sy hoë bloed­druk te help. Hy rig ook kin­ders af en doen 10 km­wed­lo­pe.

“Die dok­ter het ge­sê ek moet oe­fen, maar ek wil nie net oe­fen nie, ek wil deel­neem.” ■ Die Suid-A­fri­kaan­se Mees­ters­at­le­tiek­kam­pi­oen­skap word vol­gen­de jaar in Bloem­fon­tein van 26 tot 28 A­pril ge­hou.

Men­se wat meer in­lig­ting wil hê, kan Di­nah Herb­st Hey­mans by vry­staat­mees­ters­at­le­tiek@gmail.com kon­tak.

Pa­trick Ra­w­lins (60) van die SWD laat Sa­ter­dag die wa­ter spat in die 2 000 m­hin­der­nis­wed­loop.

Fo­to’s: AN­DRÉ DAMONS

Henk le Roux (56) van Bloem­fon­tein wys sy slag in die ver­spring.

Zel­da Eras­mus (65) van die Bo­land Sa­ter­dag in ak­sie.

Lit­ta Se­bit­lo­a­ne van T­ha­ba N­chu Sa­ter­dag in ak­sie in die 200 m.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.