Mi­nis­ter weet nie wie al­mal Pra­sa on­der­soek

Volksblad - - Nuus - L­le­wel­lyn P­rin­ce

So­veel fo­ren­sie­se on­der­soe­ke na groot­skaal­se kor­rup­sie by die Pas­sa­sier­spoor­a­gent­skap van Suid-A­fri­ka (Pra­sa) is tans aan die gang dat die mi­nis­ter van ver­voer self “nie eens weet wat som­mi­ge (van die on­der­soe­kers) doen nie”.

Joe Mas­wan­ga­nyi, die mi­nis­ter, het dié er­ken­ning gis­ter voor die par­le­men­tê­re por­te­feul­je­ko­mi­tee oor ver­voer ge­doen toe hy ver­slag moes doen oor wat tot dus­ver ge­doen is om adv. T­hu­li Ma­don­se­la, voor­ma­li­ge o­pen­ba­re be­sker­mer (OB), se aan­be­ve­lings in haar 2015-ver­slag ge­ti­tel “De­rai­led” toe te pas.

In dié ver­doe­men­de ver­slag is on­der meer aan­be­veel dat al­le kon­trak­te van meer as

R10 mil­joen wat in die ramp­spoe­di­ge ter­myn van Lucky Mon­ta­na as Pra­sa se groep­hoof tus­sen 2012 en 2015 toe­ge­ken is, on­der­soek moet word.

Dit sluit on­der meer die aan­koop van die om­stre­de S­paans ver­vaar­dig­de A­fro 4000-lo­ko­mo­tie­we in wat nie op die land se spoor- stel­sel pas nie, maar waar­voor Pra­sa reeds so­wat R715 mil­joen be­taal het.

Pra­sa het in­tus­sen ’n nu­we tus­sen­tyd­se di­rek­sie ge­kry. Nie een van dié di­rek­sie­le­de het gis­ter vir die por­te­feul­je­ko­mi­tee se sit­ting op­ge­daag nie.

Mas­wan­ga­nyi het kort na­dat hy in Maart deur pres. Ja­cob Zu­ma in nog ’n ka­bi­net­s­kom­me­ling as nu­we mi­nis­ter van ver­voer aan­ge­stel is op ’n par­le­men­tê­re vraag ge­ant­woord dat die na­si­o­na­le te­sou­rie en die pro­ku­reurs­fir­ma Werks­mans al­bei be­sig is met ver­skil­len­de fo­ren­sie­se on­der­soe­ke.

Hy het toe ook ge­sê die te­sou­rie het 20 ver­skil­len­de en­ti­tei­te aan­ge­stel om on­reg­ma­tig­he­de in Mon­ta­na se ter­myn fo­ren­sies te on­der­soek.

Gis­ter het hy aan die ko­mi­tee er­ken dat hy en sy de­par­te­ment nie eens weet wat som­mi­ge van die fo­ren­sie­se on­der­soe­kers doen nie.

“Ek is be­vrees dat kri­tie­ke do­ku­men­te en in­lig­ting van Pra­sa in dié pro­ses kan weg­raak.”

Hy het er­ken daar is nie vir die R148 mil­joen be­groot wat tot dus­ver aan die pri­va­te fo­ren­sie­se on­der­soe­kers be­taal is nie.

“Dit ter­wyl die OB dit in haar ver­slag dui­de­lik ge­maak het dat die te­sou­rie al­le kon­trak­te bo R10 mil­joen moet on­der­soek.

“Hoe­kom moes pri­va­te on­der­soe­kers aan­ge­stel word as die te­sou­rie dit self kan doen?”

Vol­gens Mas­wan­ga­nyi wil hy so gou moont­lik met Ma­lu­si Gi­ga­ba, mi­nis­ter van fi­nan­sies, daar­oor ver­ga­der.

Hy het by­ge­voeg dat van die fo­ren­sie­se on­der­soe­kers ook on­reg­ma­tig deur die vo­ri­ge Pra­sa-di­rek­sie on­der lei­ding van Po­po Mo­le­fe aan­ge­stel is en dat geld wat aan hul­le be­taal is, ver­haal sal moet word.

“Ons kan nie ver­dui­de­lik waar­om ons so­veel geld aan pri­va­te on­der­soe­kers moes be­stee as die OB uit­druk­lik ge­sê het die te­sou­rie moet dit on­der­soek nie.”

Oor die A­fro 4000-lo­ko­mo­tie­we het Mas­wan­ga­nyi ge­sê die 13 lo­ko­mo­tie­we wat reeds in die land is, “staan in Braam­fon­tein”.

“Nog se­we staan steeds in S­pan­je.

“Die oor­spronk­li­ke ver­vaar­di­ger (Vos­sloh) be­staan nie meer nie om­dat dit deur ’n S­wit­ser­se maat­skap­py oor­ge­neem is.

“Ons win tans regs­ad­vies in om uit te vind wat ons kan doen met daar­die trei­ne wat in S­pan­je staan om­dat ons vir 20 be­taal het.

“Geld is ook reeds be­stee om hi­brie­de trei­ne, wat met die­sel en e­lek­tri­si­teit werk, vir ons te bou.”

Pra­sa is in ver­skeie si­vie­le hof­ge­din­ge oor die A­fro 4000-lo­ko­mo­tie­we ge­wik­kel om die geld te ver­haal.

Die Val­ke is ook be­sig met ’n on­der­soek na Pra­sa.

Joe Mas­wan­ga­nyi

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.