S­kaap­wag­ter (53) in aan­val op VS­plaas dood­ge­skiet

Volksblad - - Nuus - An­dré Damons

In nog ’n voor­val op ’n plaas in die Vry­staat is ’n s­kaap­wag­ter dood toe vier ge­wa­pen­de mans ver­moe­de­lik ska­pe op ’n plaas in die De­wets­dor­pom­ge­wing wou steel.

Ts­hi­diso K­got­le­le (53) is Maan­dag om­streeks mid­der­nag dood­ge­skiet en nog ’n plaas­wer­ker is na be­we­ring met ’n knop­kie­rie ge­slaan toe hul­le dié skaap­die­we op he­ter daad be­trap het.

Dit is die 67ste plaas­aan­val en die ses­de plaas­moord in die Vry­staat se­dert die be­gin van die jaar. In drie van dié moor­de was plaas­wer­kers die slag­of­fers. Daar is nog on­se­ker­heid oor ’n se­wen­de moord en oor of dit wel ’n moord of ’n on­ge­luk was en daar word op die uit­slag van die po­li­sie­on­der­soek ge­wag.

Die jong­ste voor­val was op die plaas Ki­li­ma­nock.

Kol. T­han­di M­bam­bo, po­li­sie­woord­voer­der, sê drie skaap­wag­ters het ge­slaap toe hul­le deur blaf­fen­de hon­de wak­ker ge­maak is. Hul­le het gaan on­der­soek in­stel en het die vier ge­wa­pen­de mans be­trap.

Vol­gens M­bam­bo het die aan­val­lers s­ko­te af­ge­vuur en t­wee van die skaap­wag­ters kon weg­hard­loop.

K­got­le­le is eg­ter in die maag ge­tref en is op die to­neel dood. Sy lyk is eers om­streeks 06:00 deur die an­der t­wee skaap­wag­ters aan­ge­tref.

Tom­mie Ester­huy­se, voor­sit­ter van Vry­staat Land­bou (VL) se lan­de­li­ke vei­lig­heids­ko­mi­tee, sê in 50% van al­le plaas­aan­val­le is plaas­wer­kers die slag­of­fers. “Wer­kers en boe­re is al­bei in groot ge­vaar. Dit is ’n baie erns­ti­ge voor­val en kan nie ge­duld word nie. Ons het reeds Dins­dag­og­gend (gis­ter) die voor­val met T­su­ma­ne (lt.genl. Le­be­o­a­na T­su­ma­ne, pro­vin­si­a­le po­li­sie­hoof in die Vry­staat) be­spreek en is te­vre­de dat dit voor­keur­aan­dag sal kry.”

Vol­gens hom is daar goeie sa­me­wer­king tus­sen hul­le en die po­li­sie en is reeds 11 plaas­aan­val­le van­jaar voor­kom. Ver­le­de jaar is 17 plaas­aan­val­le in die Vry­staat voor­kom.

Die po­li­sie on­der­soek ’n klag van moord. E­nig­een met in­lig­ting kan speur­der­sers. Se­cha­ba M­mat­li, van die pro­vin­si­a­le trio-taak­span, by 073 194 8801 bel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.