Skool ver­eer War­ries die rond­lo­per­hond

Volksblad - - Nuus - C­har­né Kemp

War­ries die lief­de­vol­le rond­lo­per­hond wat leer­lin­ge en on­der­wy­sers van die La­er­skool War­ren­ton op­beur, het ver­le­de week die Most A­ma­zing Mo­ments­prys van die skool ont­vang.

Ter­self­der­tyd is ’n aan­kon­di­ging ge­doen oor ’n nu­we wis­sel­tro­fee ter ere van S­te­phan Roux, ’n gr. 2-leer­ling van die skool wat vroe­ër van­jaar in ’n mo­tor­on­ge­luk oor­le­de is.

War­ries het in Sep­tem­ber be­roemd ge­raak na­dat ’n be­rig oor haar uit­staan­de vee­arts­re­ke­ning ver­skyn het.

Se­dert­dien het sy ge­noeg geld, selfs uit Mau­ri­ti­us, ont­vang om et­li­ke vee­arts­re­ke­nin­ge te be­taal in­dien sy weer iets sou oor­kom.

Vol­gens Rus­sell Pit­chers, skool­hoof, het War­ries ver­le­de week die prys ont­vang om­dat sy deur haar lief­de­vol­le ge­aard­heid so­veel vir die leer­lin­ge be­te­ken en die goed­heid in men­se uit­bring.

Wil­ma Roux, S­te­phan se ma, was ook op die ge­leent­heid waar die aan­kon­di­ging oor ’n wis­sel­tro­fee in haar seun se naam ge­doen is.

Sy sê die skool wou haar oor­le­de seun se skool­geld te­rug­gee. Sy en haar man, Ga­wie, het be­sluit om eer­der t­wee wis­sel­tro­feë te laat maak vir ’n ju­ni­or en se­ni­or leer­ling wat on­danks leer­ge­stremd­heid of moei­li­ke huis­li­ke om­stan­dig­he­de, steeds pres­teer.

“S­te­phan het aan dis­lek­sie ge­ly. Hy het ’n vol en ge­luk­ki­ge le­we ge­had. Ons wil kin­ders wat on­der moei­li­ke om­stan­dig­he­de leer, aan­moe­dig.

“Hy is in A­pril van­jaar dood na­dat die voer­tuig waar­in ons en nog ’n seun ge­ry het, se ag­ter­band by Boet­sap op ’n grond­pad ge­bars en die voer­tuig et­li­ke ke­re ge­rol het.”

Wil­ma en die an­der seun het ma­ti­ge be­se­rings op­ge­doen. S­te­phan is weens veel­vul­di­ge in­wen­di­ge be­se­rings oor­le­de.

War­ries het in Sep­tem­ber met haar vroeg­og­gend­spe­le­ry teen die skool­bus vas­ge­hard­loop, waar­na sy ste­ke op haar maag moes kry. Haar vee­arts­re­ke­ning het so­wat R1 000 be­loop.

War­ries het ver­le­de jaar as ’n vuil en ver­waar­loos­de hond by die skool aan­ge­kom en saam met die kin­ders op die at­le­tiek­baan ge­hard­loop. Sy het in ’n skoon­heid ver­an­der na­dat die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging haar ge­bad, ge­voer en ver­troe­tel het.

Se­dert­dien is sy die skool se lief­ling. Sy lê graag in klas­ka­mers ter­wyl klas­se aan die gang is. An­der­sins is die kan­to­re en ver­al die stoel in die voor­por­taal haar tuis­te.

Sy neem ook aan ou­er­aan­de en saal­by­een­koms­te deel.

Die skool­hoof sê sy het ’n te­ra­peu­tie­se uit­wer­king op die kin­ders. Haar teen­woor­dig­heid skep ’n rus­ti­ge at­mos­feer. Die tug­voor­val­le het be­slis ver­min­der.

War­ries, die lief­de­vol­le rond­lo­per­hond van die La­er­skool War­ren­ton, het die Most A­ma­zing Mo­ments­prys van die skool ont­vang.

S­te­phan Roux, ’n leer­ling van die La­er­skool War­ren­ton, is vroe­ër van­jaar in ’n mo­tor­on­ge­luk oor­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.