Kaal­voet­F­rik­kie ros­kam boe­re op FB

Volksblad - - Nuus - Ru­an Bru­wer

Die kaal­voet­stap­pen­de F­rik­kie Nel van P­re­to­ria sê hy vol­staan by dit wat hy t­wee we­ke ge­le­de oor ras­sis­me ge­skryf het en won­der hoe hy op pla­se ont­vang sou word as hy nie wit en A­fri­kaans was nie.

Nel het ’n he­wi­ge de­bat ont­ke­ten toe hy op 31 Ok­to­ber, ’n dag ná Swart Maan­dag wat ge­hou is teen ge­welds­mis­da­de op pla­se, op Fa­ce­book ge­skryf het as daar nie so­veel ras­sis­me on­der boe­re is nie, sal daar nie so­veel moor­de wees nie.

Hy durf tans ’n stap­tog kaal­voet aan waar­in hy by land­bou­ge­meen­skap­pe ver­by­be­weeg.

Hy skryf: “Ek weet vir ’n feit ras­sis­me is aan die or­de van die dag op ons klein dor­pies.

“Ek het fa­mi­lie wat min daar­van maak.

“Die plaas­ge­meen­skap­pe het nie my sim­pa­tie nie.

“Hul­le mag ons dalk voed, maar dis boos om dit as ’n hef­boom vir s­wak kul­tuur te ge­bruik.

“Ek weet hoe hier­die mans die men­se be­han­del wat die lan­de be­werk en ge­was­se ver­werk. A­fri­kaans­spre­ken­de Chris­te­ne wat dink hul­le is be­ter as e­nig­ie­mand an­ders. Hoe­kom be­skerm jul­le god jul­le nie? Dink ’n bie­tjie daar­oor . . .

“Ek sal hon­ger ly voor­dat ek toe­laat dat ras­sis­te hul­le sin kry. ’n Boer maak ’n plan, wel dis tyd om ’n f **** n plan te maak, boe­re.”

Nel (25) sê hy hou daar­van om ’n stui­wer in die arm­beurs te gooi.

“Dit was se­ker nie my wys­ste stel­ling nie.

“Ek hét sim­pa­tie met e­ni­ge moor­de, ek is maar net ie­mand wat graag ’n klip in die dam gooi en was lus vir ’n de­bat. Ek het die re­ak­sie ver­wag.”

Hy is tog “’n bie­tjie be­kom­merd” oor die moont­li­ke re­ak­sie van die boe­re wat hy op sy stap­tog kan raak­loop.

“Ge­luk­kig is boe­re nie op Fa­ce­book nie. Ek is tot nou meest­al goed ont­vang. Daar was net een boer wat ge­dreig het om my te skiet toe ek sy plaas aan­ge­doen het.

“Dit het my laat won­der oor as ek nie wit, met ’n baard is en A­fri­kaans praat nie.”

Nel is nog in Ke­stell in die Vry­staat en moet hom staal teen die koue wat la­ter in die week in die om­ge­wing gaan toe­slaan. Hy wil tot in A­gul­has voet­slaan.

Fo­to: SKERMGREEP

F­rik­kie Nel se in­skry­wing op Fa­ce­book, waar­op baie kom­men­taar ge­volg het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.