Moor­de op pla­se ‘ver­stom wê­reld’

‘Be­rig­ge­wing te min’

Volksblad - - Nuus - El­sje du Toit

Die res van die wê­reld is “by­na in on­ge­loof” en ver­baas oor die si­tu­a­sie op Suid-A­fri­kaan­se pla­se en die plaas­moor­de wat hier plaas­vind.

“Daar is ’n baie be­slis­te ge­brek aan be­wust­heid oral in die wê­reld oor die aan­tal plaas­moor­de in ons land – ver­al die aan­tal moor­de en die wreed­aar­dig­heid daar­van. Hul­le is baie sim­pa­tiek teen­oor ons boe­re,” sê dr. T­heo de Ja- ger, pre­si­dent van die Wê­reld­or­ga­ni­sa­sie vir Boe­re (WOF), by na­vraag.

Hy skryf dit toe aan die min be­rig­ge­wing oor plaas­aan­val­le en -moor­de in Suid-A­fri­ka in die En­gel­se me­dia.

“Die A­fri­kaan­se me­dia dra ge­reeld nuus oor die aan­val­le en moor­de, maar die En­gel­se me­dia het nou eers met die Swart Maan­dag-op­tog­te be­gin om daar­oor ver­slag te doen.”

Die Dai­ly Mail en die Bel­fast Te­le­graph was on­der die bui­te­land­se me­dia wat oor die Swart Maan­dag-op­tog­te ver­slag ge­doen het. An­der be­rig­te in die bui­te­land­se me­dia oor plaas­moor­de sluit in dat boer­de­ry in SuidA­fri­ka die land se ge­vaar­lik­ste be­roep is, vol­gens The Te­le­graph.

Ver­der word daar skaars be­rig oor die plaas­aan­val­le self, be­hal­we die aan­val op Ro­bert Lynn en sy vrou, Sue, wat vroe­ër van­jaar by Dull­stroom aan­ge­val is. Dit was ook in The Te­le­graph te lees.

Ro­bert is van Bel­fast in Noord-Ier­land.

“In ’n tyd­perk van so­si­a­le me­dia kan niks weg­ge­steek word nie. Dus word die vrees vir f­op­nuus al hoe meer al­ge­meen.”

De Ja­ger sê be­hal­we om meer be­rig­ge­wing oor plaas­moor­de in die En­gel­se me­dia te kry, moet ’n gel­di­ge or­ga­ni­sa­sie die nuus daar­oor in die so­si­a­le me­dia staaf. “A­gri SA het on­ge­veer t­wee jaar ge­le­de in Zam­bië s­ta­tis­tie­ke en si­tu­a­sie-ont­le­dings oor plaas­aan­val­le en -moor­de aan die WOF voor­ge­lê. Die WOF laat eg­ter geen ge­leent­heid ver­by­gaan om sy vol­le ge­wig ag­ter die boe­re in te gooi nie.

“Ek het in Eu­ro­pa op ou sto­ries van plaas­moor­de in 2007-’08 in Suid-A­fri­ka af­ge­kom. Die fo­to’s van dié sto­ries was weer in om­loop.

“Daar­om moet die mees on­lang­se voor­val­le deur ’n na­si­o­na­le, er­ken­de land­bou­or­ga­ni­sa­sie of in­sti­tuut ge­staaf word om die vrees vir vals nuus te pak en te voor­kom. En om op dié ma­nier ook nog druk van die bui­te­land op die Suid-A­fri­kaan­se re­ge­ring toe te pas om aan­dag te gee aan die ge­weld­da­dig­heid op pla­se en om dit te be­kamp.”

De Ja­ger sê hoe­wel Suid-A­fri­ka nie die e­nig­ste land is wat on­der plaas­aan­val­le en -moor­de deur­loop nie, is daar nie ’n an­der land waar die aan­val­le en moor­de met die wreed­aar­dig­heid wat hier ge­sien word, ge­paard­gaan nie. “Nie­mand loop so kwaai deur on­der plaas­aan­val­le soos Suid-A­fri­ka nie. Selfs nie eens Zim­bab­we nie.

“Boe­re in die noord­oos­te­li­ke de­le van die De­mo­kra­tie­se Re­pu­bliek van die Kon­go is ook ewe se­nu­wee­ag­tig oor ge­weld. Die mees­te van die boe­re daar is vroue wat ver­krag word wan­neer hul­le aan­ge­val word, maar die ge­weld en wreed­aar­dig­heid is nie naas­ten­by so erg soos in Suid-A­fri­ka nie.”

An­der lan­de, waar die ont­voe­ring van men­se, boe­re se kin­ders en jong vroue ver­al voor­kom, sluit So­ma­lië en Ni­ge­rië in. “Maar weer eens is dit nie naas­ten­by op die skaal van Suid-A­fri­ka nie.

“Die aan­val­le daar is meest­al in tye van die po­li­tie­ke oor­loë wat daar heers. Maar in SuidA­fri­ka word boe­re aan­ge­val en ver­moor in vre­des­tyd.”

Die af­ge­lo­pe t­wee we­ke het die me­dia in Z­ü­rich en Ro­me laat blyk dat die plaas­aan­val­le in Suid-A­fri­ka po­li­tiek ge­mo­ti­veerd is.

“Daar is eg­ter nog geen be­wy­se daar­voor nie. Al wat ons wel weet, is dat die wreed­aar­dig­heid van ons aan­val­le ab­nor­maal is.”

Fo­to: FA­CE­BOOK

Dr. T­heo de Ja­ger

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.