Skool groet as­ma­ly­er (11)

Volksblad - - Nuus - C­har­né Kemp

Nay­la A­dams (11) wat ver­le­de week ver­moe­de­lik weens ’n as­ma-aan­val by haar skool in Kim­ber­ley oor­le­de is, se ge­denk­diens word van­og­gend ge­hou.

Die troos­diens wat met die sa­me­wer­king van die de­par­te­ment van on­der­wys by die La­er­skool En­de­a­vour in Col­vil­le ge­hou word, sal om 11:30 plaas­vind.

Ge­of­frey van der Mer­we, de­par­te­men­te­le woord­voer­der, sê Nay­la was ’n gr. 5-leer­ling. “Haar dood aan na­tuur­li­ke oor­sa­ke was ’n er­ge skok vir al­mal wat by haar wel­stand be­trok­ke was.

“Ons het on­mid­del­lik ons maat­skap­li­ke wer­kers en siel­kun­di­ges na die skool ge­stuur om be­ra­ding te gee.

“Al­mal wat reg­streeks en on­reg­streeks ge­raak is, is be­trek. Die be­ra­ding word van­dees­week voort­ge­sit. Ons sal dit doen tot­dat dit be­ter met die leer­lin­ge en on­der­wy­sers gaan.”

Mar­tha Bart­lett, LUR, het ook na die skool ge­gaan om me­de­lye aan al­mal te be­toon.

“Ons is in voort­du­ren­de kon­tak met die fa­mi­lie. Ons be­tuig ons me­de­lye met al­mal wat deur Nay­la se dood ge­raak word,” sê Van der Mer­we. Nay­la se ma, Ro­byn A­dams, het haar hart­seer op Fa­ce­book só uit­ge­druk: “RIP my beau­ti­ful soul mom­my will al­ways lo­ve you. My beau­ti­ful prin­cess Nay­la I will ne­ver f­or­get you.” Sy kon nie vir kom­men­taar be­reik word nie.

Fo­to: FA­CE­BOOK

Nay­la A­dams (11) is ver­le­de week aan ver­moe­de­lik ’n as­ma­aan­val by haar skool in Kim­ber­ley oor­le­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.