Drie mans aan­ge­keer ná aan­val­le op po­li­sie­le­de

Volksblad - - Nuus - Ru­an Bru­wer

’n Pa en seun wat Son­dag­og­gend t­wee po­li­sie­be­amp­tes aan­ge­val het, sal tot 28 No­vem­ber ag­ter tra­lies bly wan­neer hul aan­soek om borg­tog aan­ge­hoor word.

Die mans staan te­reg op ’n aan­klag van po­ging tot moord.

K­wi­ni I­saac Bu­du­tu (57) en sy seun, Ts­hot­le­ho Alf­red Mak­he­le (27), het gis­ter in die land­dros­hof in Bloem­fon­tein ver­skyn. Die saak is vir ’n borg­to­gaan­soek uit­ge­stel.

Lui­dens ’n po­li­sie­ver­kla­ring het sers. Mo­ko­ne Moro­a­ne en konst. Pit­so Bu­la­ne van die Tier­poort-po­li­sie­kan­toor Son­dag­og­gend ge­re­a­geer op ’n op­roep waar­in plaas­wer­kers op die plaas Pam­pi­ta op die R706­pad bui­te Ja­gers­fon­tein in ’n ba­klei­e­ry be­trok­ke was.

“Ter­wyl die be­amp­tes met die kla­er ge­praat het, het Bu­du­tu die po­li­sie­le­de be­gin be­swad­der. Hul­le het met hom pro­beer praat, maar sy seun het Moro­a­ne met die vuis by­ge­dam. Dit het tot ’n ge­veg tus­sen ge­meen­skap­le­de en die t­wee po­li­sie­man­ne ge­lei.

“Bu­du­tu het Moro­a­ne met ’n mes in die reg­ter­sy en Bu­la­ne in die rug ge­steek. Hulp is in­ge­roep en die aan­val­lers is aan­ge­keer. Moro­a­ne en Bu­la­ne het me­die­se be­han­de­ling ge­kry en is die­self­de dag ont­slaan.”

In ’n af­son­der­li­ke voor­val is nog ’n po­li­sie­lid met ’n skerp voor­werp in die ge­sig ge­steek.

Sers. Ts­he­diso Li­se­ny­a­ne het le­de van die ge­meen­skaps­po­li­si­ë­rings­fo­rum van Clo­co­lan na Se­ne­kal ge­bring. In Se­ne­kal het hul­le stil­ge­hou by ’n groep men­se wat aan­ge­voer het hul­le is deur ’n ben­de aan­ge­val.

Se­tj­ha­ba I­saac Ra­ma­bu­la­ne (18) het Li­se­ny­a­ne be­le­dig en hom met ’n skerp voor­werp op sy neus ge­steek.

Hy is op borg­tog vry­ge­laat tot 11 De­sem­ber vir ver­de­re on­der­soek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.