Nog ’n ANC­hoë in Noord­Kaap ge­skors

Volksblad - - Nuus - C­har­né Kemp

Die ANC in die Noord-Kaap word al hoe meer ver­deeld. Daar is nou aan­ge­kon­dig dat die streek­se­kre­ta­ris van die John Ta­o­le Ga­et­se­we-streek in Ku­ru­man ty­de­lik ge­skors is.

Dit volg op die skor­sing van dr. T­ha­pe­lo Di­cha­ba, ANC-voor­sit­ter van die Fran­ces Baard­streek, waar­bin­ne Kim­ber­ley val.

Die John Ta­o­le Ga­et­se­we­streek is be­kend om sy steun aan adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa om as ANC-lei­er oor te neem op die ko­men­de na­si­o­na­le ANC-lei­ers­ver­kie­sing.

Die Fran­ces Baard-streek se steun is ver­deeld tus­sen Ra­map­ho­sa en dr. N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma.

Die pro­vin­si­a­le vrou­e­li­ga het van­dees­week ook hul steun aan Ra­map­ho­sa toe­ge­sê. Die ve­te­ra­ne­li­ga on­der­steun hom ook.

In­tus­sen is die pro­vin­si­a­le lei­ers en na­si­o­na­le ANC ver­le­de week deur ’n Noord-Kaap­se fak­sie, wat glo vir Dla­mi­ni-Zu­ma on­der­steun, uit­ge­daag om in die hof te be­wys dat hul ver­kie­sing vroe­ër van­jaar wet­tig in­ge­vol­ge die ANC-grond­wet is.

Die pro­vin­si­a­le jeug­li­ga on­der­steun ook vir Dla­mi­ni-Zu­ma.

Se­we­ditswe Ga­o­bu­si­we, ANC­voor­sit­ter in die John Ta­o­loGa­et­se­we-streek, sê Ka­gi­so Le­ser­wa­ne, streek­se­kre­ta­ris, is ge­skors ná ’n on­der­soek weens be­we­rings van wan­ge­drag.

Hy het na be­we­ring met ver­ga­de­rings ge­knoei en “ui­ter­ste ver­deeld­heid” ge­saai.

“In­dien hy nie ge­skors word nie, sal hy aan­hou om sy on­ge­wens­te en hoogs ver­nie­ti­gen­de ge­drag voort te sit. Hy sa­bo­teer kon­fe­ren­sie­voor­be­rei­dings.

“Dit kan die be­sten­dig­heid van die ANC be­dreig en moont­lik tot regs­ge­din­ge lei.”

Die skor­sing kom kort voor die streeks­kon­fe­ren­sie wat in die eer­ste na­week in De­sem­ber plaas­vind.

Die ge­skors­te Le­ser­wa­ne is ver­le­de week ook deur die EFF van kor­rup­sie en geld­was­se­ry be­skul­dig.

Vol­gens Ga­o­bu­si­we is die streek se uit­voe­ren­de ko­mi­tee ui­ters be­kom­merd oor die wan­ge­drag wat die ANC ver­deel.

Le­ser­wa­ne word daar­van be­skul­dig dat hy die af­ge­lo­pe ses maan­de nie al­ge­me­ne streeks­ver­ga­de­rings ge­hou het nie. Dit is glo op­set­lik ge­doen om wet­ti­ge struk­tu­re en die uit­voe­ren­de ko­mi­tee te ver­lam. Tak­ver­ga­de­rings is ook nie ge­hou en klag­tes oor lid­maat­skap op­ge­los nie.

Le­ser­wa­ne het glo van sy ta­ke aan sy kor­nui­te ge­gee en het nie die kor­rek­te struk­tu­re en pro­se­du­res ge­volg nie.

Die kor­nui­te sou glo die­ge­ne uit­ska­kel wat hul­le nie on­der­steun nie.

Hy het glo nie ge­ou­di­teer­de lid­maat­skap­lys­te en die waar­mer­king daar­van voor tak­ver­ga­de­rings aan die streeks- uit­voe­ren­de ko­mi­tee voor­ge­lê nie.

Hy het toe­ge­laat dat pro­vin­si­a­le en streeks- uit­voe­ren­de le­de on­reg­ma­tig by tak­ver­ga­de­rings be­trok­ke raak.

Tak­ke wat nie vir hom sou stem om her­kies te word nie, word deur af­son­de­ring en romp­slomp weer­hou om te ver­ga­der.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.