Ri­ool­wa­ter dam teen huis­mu­re op

Volksblad - - Nuus - C­har­né Kemp

Kat­hu se ri­ool­pro­ble­me en die ver­suim om die lang­du­ri­ge pro­bleem op te los, is te wy­te aan die Ga­ma­ga­ra-mu­ni­si­pa­li­teit wat nooit ge­leer het om on­der­houd en in­stand­hou­ding te doen nie, sê Me­lin­da Hat­tingh, DA-LW en kies­af­de­lings­hoof.

Dit volg op ve­le klag­tes van in­wo­ners oor die stank en on­hi­gi­ë­nie­se toe­stan­de van ri­ool wat in stra­te op­dam.

“Die plaas­li­ke ys­ter­ert­s­myn het ja­re lank al die on­der­houd na­mens die mu­ni­si­pa­li­teit ge­doen. Die myn het hom so­wat t­wee jaar ge­le­de heel­te­mal ont­trek.

“Se­dert­dien is geen werk­li­ke in­stand­hou­ding ge­doen nie. Nie een van die amp­te­na­re of wer­kers weet wat on­der­houd be­hels nie.

“Wan­neer raads­le­de dit aan­meld, word hul­le oor hul ver­me­tel­heid aan­ge­spreek. Pleks die mu­ni­si­pa­le be­stuur en wer­kers be­stee eer­der die tyd om die pro­bleem heel­te­mal op te los.”

An­na-Ma­rie Ca­e­ta­no, ’n in­wo­ner, sê sy kry nie ant­woor­de op haar ve­le skrif­te­li­ke en te­le­fo­nie­se klag­tes nie.

Die ri­ool vloei in Leeu­bek­kie­straat af en dam voor haar en haar bu­re se hui­se op om­dat hul­le laag­lig­gend is. Die vuil wa­ter stoot teen hui­se se fon­da­men­te en mu­re op, en ver­swelg ag­ter­tui­ne waar kin­ders nie kan speel of vol­was­se­nes kan ont­span nie.

Al­mal is in hul hui­se vas­ge­kluis­ter.

“Ek het al hoe­veel brie­we ge­skryf om pro­ble­me aan te meld, maar ek word met ’n dood­se stil­te be­groet. Hier was nog geen amp­te­na­re of wer­kers by my huis nie.

“Die si­tu­a­sie is ab­so­luut walg­lik.”

Haar kin­ders het met vo­ri­ge voor­val­le di­ar­ree op­ge­doen en kan nie in die straat loop nie.

“Die pro­bleem duur al reeds vier jaar.”

Mo­ses Grond, waar­ne­men­de mu­ni­si­pa­le be­stuur­der, sê dit is ve­ny­nig om te be­weer die myn het na­mens die mu­ni­si­pa­li­teit diens­te ge­le­wer.

“Dit is van al­le waar­heid ont­bloot. Ons het be­kwa­me per­so­neel.

“Daar is et­li­ke ri­ool­pom­pe wat weens vreem­de voor­wer­pe en ver­stop­pings bui­te wer­king is. Dit ver­oor­saak dat man­ga­te oor­loop.

“Elk­een van die 26 pomp­sta­sies het t­wee pom­pe wat om die beurt werk. Ons wer­kers her­stel pro­ble­me so­dra ons in ken­nis ge­stel word.

“Ons gaan in die vol­gen­de boek­jaar ’n by­ko­men­de stel­sel in Leeu­bek­kie­straat in wer­king stel om die oor­loo­p­ri­ool­wa­ter na ’n an­der weg­voer­pyp te her­lei.”

Vol­gens hom voer hul­le ’n veld­tog om in­wo­ners te waar­sku om nie vreem­de voor­wer­pe in die ri­ool­stel­sel te gooi nie.

Die ri­ool dam op in Leeu­bek­kie­straat, Kat­hu.

Kin­ders kan nie meer in hul ag­ter­tui­ne speel weens op­ge­dam­de ri­ool nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.