Luis­ter na Dok se wy­se raad vir wen

Volksblad - - Kommentaar -

Ali Bam, Vil­joens­kroon

Die ge­suk­kel van die S­pring­bok­ke het my laat dink aan die voor­reg wat ek in 1973 as jong o.20-rug­by­spe­ler ge­had het om na wy­le dr. Da­nie Cra­ven te luis­ter.

Dok Cra­ven het vier as­pek­te aan­ge­haal wat ek van­dag nog ont­hou:

■ ’n Rug­by­spe­ler word fiks, sterk en oe­fen sy vaar­dig­he­de in die ver­skil­len­de fa­set­te van die spel op die oe­fen­veld. Gim­na­si­um­werk moet in die voor­sei­soen ge­doen word.

■ ’n Span sal Sa­ter­dae speel soos wat hy deur die week oe­fen.

As die in­ten­si­teit ty­dens die oe­fe­nin­ge laag was, sal dit nie Sa­ter­dag hoog wees nie!

■ ’n Span kan net wen as hy meer pun­te as die teen­stan­ders het en daar­voor is die bal no­dig en moet dit oor­deel­kun­dig (slim) ge­bruik word.

■ Die bes­te (fik­se) spe­ler word in sy bes­te po­si­sies ge­kies. Spe­lers kan nie op re­pu­ta­sies ge­kies word nie!

Hy het af­ge­sluit met die woor­de: “Keep it as sim­ple as pos­si­ble”.

Baie s­terk­te aan die be­stuur­span van die S­pring­bok­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.