Max se per­spek­tief ver­ou­derd

Volksblad - - Kommentaar -

Deon Be­at­tie, Bloem­fon­tein Max du P­reez se ru­briek “A­fri­ka­ners is nie spe­si­aal” (14.11) ver­wys.

Max ver­soek die le­ser om “vir ’n slag in ’n swart wer­ker of werk­lo­se se skoe­ne te pro­beer staan”, om­dat dit ’n al­ter­na­tief kan bied vir die A­fri­ka­ner se eie, blyk­baar on­gel­di­ge, per­spek­tief.

As ’n eer­ste-ge­ne­ra­sieSuid-A­fri­ka­ner (my pa kom van R­ho­de­sië) wil ek Max aan­raai om sy eie i­de­o­lo­gie­se taal en po­li­tiek raak te sien as dalk ’n ver­ou­der­de per­spek­tief van die 1990’s.

Die A­fri­ka­ner se po­si­sie is baie meer in­ge­wik­keld as bloot dié van ’n “een­kant, dik­bek en ag­gres­sie­we” groep. Dit ge­sê, wan­neer het die Swart Maan­dag-veld­tog se klem ver­skuif van plaas­moord spe­si­fiek na A­fri­ka­ners oor die al­ge­meen?

Dis in­di­vi­due soos Max wat dié soort de­bat kaap en ver­draai tot po­li­tie­ke me­nings, wat dit nie is nie.

Max moet ook be­sef dat, wan­neer daar steeds wrok­ke teen ’n 8%-min­der­heid be­staan, die ver­soe­ning- en oor­gangs­pro­ses nie vol­ko­me ge­slaag het nie.

Die A­fri­ka­ner, so­wel as e­ni­ge an­der min­der­heid of be­lan­ge­groep, het dus die reg om in hul eie be­lang op te tree bin­ne die wet.

Moet ons die “ses­tien dae van ak­ti­vis­me teen ge­weld teen vroue en kin­ders” af­skaf om­dat dié slag­of­fers “ar­ro­gant self­be­hep en on­sen­si­tief” op­tree? Mis­daad is mos ’n pro­bleem wat al­le Suid-A­fri­ka­ners raak.

Max moet dalk vir ’n slag in die skoe­ne pro­beer staan van e­ni­ge an­der min­der­heid in A­fri­ka en be­sef dat “oer­in­stink­te” nie al­tyd so on­gel­dig of on­re­de­lik is nie.

An­dré van Zyl, op Net­werk24 Ek is wit, praat A­fri­kaans en glo in God. Ek haat nie.

Ek is in­ge­lig en lees nie net die By­bel nie. Ek sien dat die hui­di­ge re­ge­ring on­be­voeg is. Ek sien hoe men­se uit haat moor en plun­der. Ek sien cha­os.

Ek weet dat om te oor­leef, meer as ge­bed gaan kos.

Ek weet dat Max du P­reez se rak­leef­tyd ver­by is en hy be­hoort dit te weet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.