Uit­stal­ling be­treur SA se soor­te ver­lies

Volksblad - - Kollig - El­re­tha B­ritz

’n Uit­stal­ling ter ver­ster­king van die be­gin­sels wat tot die Suid-A­fri­kaan­se Grond­wet van 1996 ge­lei het, word deur bui­ten­ge­wo­ne kuns­wer­ke van die O­lie­wen­huis­kuns­mu­seum se per­ma­nen­te ver­sa­me­ling on­der­streep.

The Na­ti­on Mourns: Um­thi Up­hamb’ Iny­an­ga

(The me­di­ci­ne has tric­ked the me­di­ci­ne man) be­staan uit kuns­wer­ke deur Lucky Si­biya en Mir­ri­am Ma­zun­gu­la as­ook Nor­man Cat­her­i­ne.

Dié wer­ke sin­speel op die hui­di­ge toe­stand in SuidA­fri­ka wat met ras­se skre­de ver­sleg. “Dink maar aan ont­stel­len­de ge­beu­re soos die Ma­ri­ka­na-slag­ting, die #Fees­Mus­tFall-on­lus­te, xe­no­fo­bie­se aan­val­le, ge­weld teen­oor die LGBTQ-ge­meen­skap en kin­ders,” lui die nuus­ver­kla­ring.

Die doel met die uit­stal­ling is om men­se op­nuut be­wus te maak van die re­ge­ring se be­lof­tes van ’n be­ter le­we vir al­mal en die ver­ant­woor­de­lik­heid om die Grond­wet in dié op­sig te eer­bie­dig. “’n Wrang glim­lag word uit­ge­lok deur die kon­sep van ’n toor­dok­ter wat deur sy eie me­di­sy­ne on­kant ge­vang word. “Met die ge­bruik van sa­ti­re én se­dig­heid word ’n be­roep op die be­vol­king ge­doen om ons daag­lik­se ver­lies te be­treur – die ver­lies aan mo­ra­li­teit, mens­lik­heid en ver­ant­woor­de­lik­heid. Wat op die op­per­vlak ko­mies skyn te wees, mas­keer die erns van die si­tu­a­sies. Daar­om wil die uit­stal­ling al­le Suid-A­fri­ka­ners aan­moe­dig om die Grond­wet as ’n gids te ge­bruik om vreed­sa­me naas­be­staan te be­werk­stel­lig.”

■ Ly­dia Mp­hat­ja en T­ha­pe­lo Ra­ma­te­let­se is die ku­ra­tors en sal be­lang­stel­len­des mô­re om 19:00 gra­tis deur die uit­stal­ling be­ge­lei. E­nig­een is wel­kom. Die uit­stal­ling kan reeds in die an­neks van O­lie­wen­huis se hoof­ge­bou be­sig­tig word.

Wat op die op­per­vlak ko­mies skyn te wees, mas­keer die erns . . .

Dié veel­seg­gen­de kuns­werk deur Nor­man Cat­her­i­ne, ge­ti­teld 37 cm), is ook deel van die uit­stal­ling in O­lie­wen­huis se an­neks. (pen en ink, 36,5 cm x

Bi­rds of Prey and the Na­ti­ve Re­crui­ting Com­pa­ny

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.