Neem ge­rus ken­nis van Ta­ke No­te se ge­so­fis­ti­keer­de uit­voe­rings

Volksblad - - Kollig - El­re­tha B­ritz Ta­ke No­te: Jaar­kon­sert Ang­li­kaan­se Ka­te­draal, Bloem­fon­tein

Dit was Son­dag­aand dui­de­lik waar­om Ta­ke No­te, ’n meer­stem­mi­ge a cap­pel­la-en­sem­ble van 20 mans, van­jaar die al­ge­he­le naas­wen­ner in ’n in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sie in Bra­tis­la­va, Slo­wa­kye, was. Hul uit­voe­ring van kom­plek­se ver­wer­kings was af­ge­rond, ge­so­fis­ti­keerd en ter­self­der­tyd ge­sel­lig.

Om as a­ma­teur­groep met net een oe­fe­ning per week dié stan­daard te be­haal, ge­tuig van na­tuur­li­ke ta­lent en ver­al toe­wy­ding. Want al is die le­de hóé ta­lent­vol, skud jy só ’n uit­voe­ring nie uit jou mou nie.

Die pro­gram het on­der meer keur­spe­le be­vat wat kre­a­tief ver­werk is deur óf S­te­fan Buys óf Co­bus Ba­den­horst. Buys is ook die mu­si­ka­le lei­er, wat net ge­noeg doen om lie­de­re met die reg­te tem­po te laat be­gin en net­jies te laat ein­dig. An­der­sins is hy meest­al deel van die ag­ter­grond­stem­me.

In die keur­spe­le is die oor­gan­ge tus­sen lie­de­re só naat­loos dat dit soms moei­lik is om ’n nu­we me­lo­die te ei­en.

“A­fri­ka-in­spi­ra­sie” het ge­tref van­weë ple­sie­ri­ge e­ner­gie, ter­wyl “A Gol­den Jour­ney” met on­der meer S­ting se “Fields of Gold” be­son­der roe­rend ver­tolk is.

Dat die groep ook aan­dag gee aan dik­sie, was op­val­lend in die spi­ri­tu­e­le keur­spel “Didn’t My Lord De­li­ver Da­niel”, maar dit was “Ye­ster­day” wat vol­gens my die groep se vaar­dig­heid die bes­te ge­ïl­lus­treer het.

In teen­stel­ling met par­ty tien­s­tem­mi­ge ver­wer­kings is dié Len­non-M­cCart­ney-lied net vir vier stem­me. Die kom­plek­si­teit lê eg­ter in die fra­ses en stem­me wat soos ’n dig­te ta­pis­se­rie in­en oor­me­kaar ge­weef word. Tog het die san­gers dit met skyn­ba­re ge­mak ge­sing.

As­pek­te wat tot Ta­ke No­te se suk­ses by­dra, is dat geen lied, ver­al keur­spe­le, te lank is nie. Dit ein­dig voor­dat die san­gers fo­kus ver­loor (ont­hou, hul­le is hoof­saak­lik a­ma­teurs), ter­wyl die rond­skuif van sin­gen­de le­de meer as net teg­nie­se voor­de­le in­hou.

Te oor­deel na die stamp­vol ka­te­draal het hul­le reeds ’n groot plaas­li­ke aan­hang. Dié wat nog nie van hul­le ken­nis ge­neem het nie, kan ge­rus ’n vol­gen­de op­tre­de by­woon – dit sal nie te­leur­stel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.