De Beers se ver­koops­glans ver­flou in 2017

Volksblad - - Sake - El­vi­ra Wood

Die di­a­mant­pro­du­sent De Beers gaan van­jaar waar­skyn­lik op ’n veel la­er noot as ’n jaar ge­le­de af­sluit.

Die maat­skap­py het gis­ter in ’n ver­kla­ring ge­sê hy het in die ne­gen­de ver­koop­si­klus van die jaar $455 mil­joen se di­a­man­te ver­koop. Dit is 4% min­der as in die oor­een­stem­men­de si­klus ’n jaar ge­le­de.

Hy het dus nou tot dus­ver van­jaar di­a­man­te ter waar­de van $4,84 mil­jard ver­koop.

Daar is van­jaar nog een ver­koop­si­klus oor.

Ná die ne­gen­de ver­koop­si­klus van ver­le­de jaar het hy eg­ter al $5,16 mil­jard se di­a­man­te ver­koop.

Ver­ko­pe is dus tot dus­ver van­jaar 6% la­er as in die oor­een­stem­men­de tyd ver­le­de jaar.

Oor al tien si­klus­se het De Beers ver­le­de jaar $5,58 mil­jard se di­a­man­te ver­koop.

Om dit te e­we­naar, sal hy in sy laas­te ver­koop­si­klus van die jaar $742 mil­joen se ste­ne moet ver­koop.

Sy suk­ses­vol­ste ver­koop­si­klus die af­ge­lo­pe t­wee jaar was die eer­ste ver­koop­si­klus van van­jaar, toe hy di­a­man­te ter waar­de van $729 mil­joen ver­koop het.

Hy het net $422 mil­joen se di­a­man­te in die tien­de si­klus van 2016 ver­koop.

Van­jaar kon De Beers net in die eer­ste en ses­de si­klus van die jaar sy ver­ko­pe van ver­le­de jaar oor­tref.

Fo­to: BLOOM­BERG

De Beers het se­we uit die ne­ge keer dat hy van­jaar di­a­man­te van die hand ge­sit het min­der as ver­le­de jaar ver­dien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.