Ras­sie se raad nie no­dig ge­ag

Volksblad - - Sport - S­te­phen Nell

Die S­pring­bok-af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, be­plan nie om nu­we konsultante te be­trek of van die SuidA­fri­kaan­se Rug­by­u­nie (Sa­ru) se nuut­ge­ves­tig­de rug­by­struk­tu­re ge­bruik te maak om die leem­tes te vul wat Jo­hann van Graan en B­ren­dan Ven­ter se af­we­sig­heid aan­staan­de week in sy be­stuur­span gaan laat nie.

Van Graan, die Bok­ke se lyn­staan­af­rig­ter, be­gin ná Sa­ter­dag se toets teen Frank­ryk in Pa­rys as hoof­af­rig­ter by die Ier­se span Mun­ster werk. Ven­ter, die Bok­ke se ver­de­di­gings­kon­sul­tant, keer te­rug na Suid-A­fri­ka om bot­sen­de be­lan­ge te ver­hoed. Hy help ook vir I­ta­lië, wat deur sy vriend Co­nor O’S­hea af­ge­rig word.

“Ons sal die werk maar net tus­sen ons (die be­staan­de be­stuurs­le­de) moet ver­deel en daar is reeds ’n goeie plan,” sê Coet­zee.

“Ons het al voor­be­rei­ding ge­doen vir I­ta­lië. Ek dink ons be­skik oor die ver­mo­ëns om die laas­te t­wee toet­se te kan han­teer.”

As rug­by die e­nig­ste oor­we­ging was, sou dit ’n lo­gie­se skuif ge­wees het om Sa­ru se nuu­taan­ge­stel­de di­rek­teur van rug­by, Ras­sie Eras­mus, te be­trek. Ja­c­ques Nie­na­ber, ’n ken­ner op die ge­bied van ver­de­di­ging, het saam met Eras­mus van Mun­ster af te­rug­ge­keer en sal van 2018 een van die Bok­ke se hulp­af­rig­ters wees.

Dit is in ’n ma­te ver­staan­baar dat Coet­zee nie nu­we struk­tu­re wat in­ge­stel word, wil om­arm ter­wyl die Bok­ke op toer is nie. Of Coet­zee af­ge­dank word ná hier­die toer of sy pos be­hou, is Eras­mus van aan­staan­de jaar in elk ge­val die op­per­ge­sag van Suid-A­fri­ka se rug­by­sa­ke.

Suid-A­fri­kaan­se rug­by se struk­tu­re is be­sig om te ver­an­der en Coet­zee word daar­deur mee­ge­sleur.

Sy lot sal ná die toer uit­ein­de­lik in Eras­mus se han­de wees. Met dít in ge­dag­te is dit ge­wis nie ’n uit­ge­maak­te saak dat Coet­zee se dae as Bok-brei­er ge­tel is nie.

Eras­mus het Coet­zee des­tyds as af­rig­ter van die S­tor­mers en We­s­te­li­ke Pro­vin­sie aan­ge­stel. Nie­na­ber het in daar­die struk­tuur ook nou met Eras­mus en Coet­zee saam­ge­werk.

Die di­na­mi­ka is eg­ter nou an­ders. Coet­zee het aan sy pos vas­ge­klou ná ver­le­de jaar se nag­mer­rie, maar het nie ge­noeg ver­troue by sy ba­se in­ge­boe­sem dat hul­le be­reid was om hóm stra­te­gie­se rig­ting aan SuidA­fri­kaan­se rug­by te laat gee nie.

Daar­die werk is nou Eras­mus s’n en Coet­zee sal by die Bok­ke se te­rug­keer dui­de­lik­heid moet kry oor waar sy ge­sag vo­ren­toe gaan be­gin en ein­dig.

Of daar hoe­ge­naamd ’n de­bat daar­oor gaan wees, hang af van wat die vol­gen­de drie Sa­ter­dae teen Frank­ryk, I­ta­lië en Wal­lis ge­beur.

Fo­to: GALLO IMAGES

Die S­pring­bok­af­rig­ter, Al­lis­ter Coet­zee, Maan­dag by die Bok­oe­fe­ning in Pa­rys.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.