Daan hou wéér Vry­staat se lei­sels in Cur­rie­be­ker­reeks

Volksblad - - Sport - Mar­nus Kok

Daan Hu­man gaan die Vry­staat aan­staan­de sei­soen weer in die Cur­rie­be­ker-reeks brei.

Dit is een van die Vry­staat­se Rug­by­u­nie se aan­kon­di­gings rond­om sy af­rig­ting­struk­tu­re wat gis­ter be­kend ge­maak is en die vol­gen­de t­wee tot t­wee en ’n half jaar sal geld.

Hu­man (41) is van­jaar in die mid­del van die sei­soen in dié pos aan­ge­stel, slegs vir die wed­stry­de wat met die C­hee­tahs se ver­plig­tin­ge in die Pro14reeks oor­vleu­el het.

Ro­ry Dun­can, wat die span in die Cur­rie­be­ker af­ge­rig het wan­neer daar nie Pro14-ver­plig­tin­ge was nie, gaan voort­aan slegs die C­hee­tahs in die Pro14-reeks brei.

Hu­man sal ook die span in die Su­perS­port-uit­daag­reeks af­rig, wat voor die Cur­rie­be­ker-reeks ge­speel word. Hy sal steeds die skru­m­af­rig­ter van die C­hee­tahs in die Pro14-reeks wees.

MJ S­mith, wat die Vry­staat die sei­soen in die Su­perS­port-reeks ge­brei het, is as ho­ë­pres­ta­sie­be­stuur­der aan­ge­stel. Hy is in dié pos on­der meer ver­ant­woor­de­lik vir die wer­wing van se­ni­or spe­lers. Sy broer Fran­co

S­mith is steeds die u­nie se di­rek­teur van rug­by.

I­zak van der West­hui­zen, wat die Vry­staat se o.21-span van­jaar af­ge­rig het en ook die hulp­af­rig­ter in die Su­perS­port-reeks was, gaan die Cur­rie­be­ker-span se lyn­staan­af­rig­ter wees en die voor­spe­lers in die Su­perS­portreeks én die o.21-reeks af­rig.

Me­lu­si Mt­hethwa, wat die Vry­staat­se o.19-span na die eind­stryd van die na­si­o­na­le reeks ge­brei het, gaan voort­aan die lei­sels van die o.21-span vas­hou.

Ti­aan Lie­ben­berg, wat Mt­hethwa se as­sis­tent was, is as die hoof­af­rig­ter van die o.19-span aan­ge­stel. Hy gaan ook steeds die Ix­i­as in die Var­si­ty­be­ker-reeks brei.

■ Af­rig­ting­span­ne:

Pro14­reeks: Ro­ry Dun­can (hoof­af­rig­ter), Cor­niel van Zyl (voor­spe­le­raf­rig­ter), Da­ve Wil­li­ams (ag­ter­spe­le­raf­rig­ter), C­harl S­try­dom (ver­de­di­gings­af­rig­ter), Daan Hu­man (skru­m­af­rig­ter), Al­bert Keu­ris (skop­af­rig­ter).

Cur­rie­be­ker­reeks: Daan Hu­man (hoof­af­rig­ter), I­zak van der West­hui­zen (lyn­staan­af­rig­ter), Al­bert Keu­ris (ag­ter­lyn- en skop­af­rig­ter).

Su­perS­port­reeks: Daan Hu­man (hoof­af­rig­ter), I­zak van der West­hui­zen (voor­spe­le­raf­rig­ter), Al­bert Keu­ris (ag­ter­lyn- en skop­af­rig­ter).

o.21­span: Me­lu­si Mt­hethwa (hoof­af­rig­ter), I­zak van der West­hui­zen (voor­spe­le­raf­rig­ter).

o.19­span: Ti­aan Lie­ben­berg (hoof­af­rig­ter), Si­no Gan­to (ver­de­di­gings- en vaar­dig­heids­af­rig­ter), S­kil­lie Be­ster (ag­ter­spe­le­raf­rig­ter).

Daan Hu­man

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.