Dra­ke blaas nou min­der vuur in mid­del­veld

Volksblad - - Sport -

Die puik Wal­lie­se sen­ter Jo­na­than Da­vies gaan die rug­by­toet­se teen die S­pring­bok­ke en die All Blacks, so­wel as 2018 se Se­s­na­sies­reeks weens ’n voet­be­se­ring mis­loop.

Hy het die be­se­ring Sa­ter­dag in Car­diff in die ne­der­laag teen die Wal­la­bies op­ge­doen.

“Jo­na­than Da­vies sal ’n voe­t­o­pe­ra­sie on­der­gaan ná die be­se­ring wat hy teen Aus­tra­lië op­ge­doen het. Daar word voor­sien dat hy vir ’n tyd­perk van so­wat ses maan­de nie sal kan speel nie,” lui ’n nuus­ver­kla­ring van die Wal­lie­se Rug­by­u­nie. Dié B­rit­se en Ier­se Leeu is die jong­ste on­ge­val op die Rooi Dra­ke se lang be­se­rings­lys.

Wal­lis is reeds son­der sy kap­tein, Sam War­bur­ton, en die flank Ross Mo­ri­ar­ty.

Nog ’n flank, Jus­tin Ti­pu­ric, en die skrum­ska­kel R­hys Webb het nie teen die Wal­la­bies ge­speel nie, maar be­hoort be­skik­baar te wees om Sa­ter­dag teen Ge­or­gië te speel.

War­ren Gat­land se span kom op 25 No­vem­ber teen Nieu­See­land te staan en op 2 De­sem­ber teen SuidA­fri­ka.

Wal­lis se Se­s­na­sies­veld­tog be­gin op 3 Fe­bru­a­rie in Car­diff teen S­kot­land.

Fo­to: GETTY IMAGES

Jo­na­than Da­vies, sen­ter van Wal­lis, krul van die pyn na­dat hy Sa­ter­dag sy voet teen die Wal­la­bies be­seer het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.