Root weet dié keer wat om van Aus­sies te ver­wag

Volksblad - - Sport -

Aus­tra­lië se ag­gres­sie in 2013 in die laas­te Reeks om die As op tuis­bo­dem het En­ge­land on­kant be­trap.

Joe Root, die be­soe­kers se krie­ket­kap­tein, glo sy span is nou be­ter voor­be­reid om die ver­wag­te aan­slag te han­teer. Root was ’n jong lid van Alas­tair Cook se elf­tal wat deur Mit­chell John­son se kar­tet­se ver­woes is. En­ge­land het met 0­5 ver­loor.

Root was toe net 22 en het lof ge­kry vir ’n veg­ten­de vyf­tig­tal, maar hy het soos die res van die En­gel­se kol­wers ge­suk­kel om die kolf­blaaie te be­mees­ter.

“Ek dink ons was ver­ras (deur die ag­gres­sie en die woor­de­oor­log) op die laas­te toer,” sê Root.

“Ons is dié keer ’n bie­tjie wy­ser. Ons moet se­ker maak dat ons voor­be­reid is vir al­le sce­na­rio’s. Ons ver­wag dit gaan vy­an­dig en luid­rug­tig op die Gab­ba wees.”

En­ge­land slyp vir ou­laas in die laas­te op­war­mings­wed­stryd, ’n vier­dag­wed­stryd teen ’n Krieket Aus­tra­lië­elf­tal wat van­dag in To­w­nes­vil­le be­gin.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.