Gof­fin ver­los Na­dal van sy ly­ding in Eind­toer­nooi

Volksblad - - Sport -

Sy veg­gees was sterk soos al­tyd, maar Ra­fa­el Na­dal se las­ti­ge reg­ter­knie het hom uit­ein­de­lik in die steek ge­laat, met die S­pan­jaard wat hom Maan­dag­aand aan die Jaar­eind­toer­nooi ont­trek het ná ’n pyn­li­ke ne­der­laag teen Da­vid Gof­fin.

Na­dal (31), die oud­ste spe­ler in die ge­skie­de­nis om die jaar bo­aan die wê­reld­rang­lys af te sluit, het tot die laas­te punt ge­veg en vier wed­stryd­pun­te af­ge­weer voor­dat die Belg hom in t­wee uur 37 mi­nu­te met 7­6(5), 6­7(4), 6­4 ge­troef het. “My sei­soen is ver­by. Ek het hard pro­beer,” sê Na­dal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.