Kro­ko­dil­tra­ne oor hul Poppie

Volksblad - - Voorblad - Han­ti Ot­to

Poppie van der Mer­we se ma se tra­ne in die hof was heel­te­mal ver­niet.

Lou­isa Koe­ke­moer en haar man, Ko­bus, was ewe aan­da­dig aan haar dood. Al­bei is gis­ter deur die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria skul­dig be­vind aan die moord op Poppie, as­ook op aan­klag­te van kin­der­mis­han­de­ling.

Die drie­ja­ri­ge Poppie en ’n vyf­ja­ri­ge seun is oor ’n tyd­perk van agt maan­de erg aan­ge­rand en mis­han­del on­der die dek­man­tel van dis­si­pli­ne.

Reg­ter Bert Bam het be­vind die eg­paar moes, weens die aard van die kin­ders se be­se­rings, voor­sien het dat dié op­tre­de tot ’n dood kon lei. Hy het ge­sê al het al­bei moont­lik nie die be­se­rings toe­ge­dien nie, het elk­een van die an­der een se op­tre­de ge­weet.

Poppie is op 25 Ok­to­ber ver­le­de jaar dood weens ’n stomp­ge­weld­be­se­ring teen die kop.

Sy het en­ke­le ure voor haar dood haar kop ge­stamp – het­sy deur Lou­isa se toe­doen toe sy haar uit die ka­mer ge­gooi het om­dat sy die bed be­vuil het, en

die kind toe in die bad ge­gly het, of deur Ko­bus wat haar kop in die toi­let ge­druk en dit ge­spoel het.

Bam het baie tyd in sy uit­spraak aan die om­stan­dig­heids­ge­tui­e­nis wat ge­le­wer is, af­ge­staan. Hy het ge­sê dit moet deur die hof as ’n “mo­sa­ïek” be­skou word.

Ge­tui­es het ge­tuig van be­se­rings wat oor ’n tyd­perk van agt maan­de waar­ge­neem is, ter­wyl die Koe­ke­moers in Ora­nia ge­bly het.

“Se­dert Fe­bru­a­rie 2016 is die kin­ders fi­siek en ver­baal mis­han­del on­der die dek­man­tel van dis­si­pli­ne. In A­pril 2016 het ’n dok­ter op­ge­merk dat Poppie se ge­drag ver­an­der het en dat sy be­se­rings het.

“In dié tyd het die buur­man ge­sien hoe die drie­ja­ri­ge mei­sie een­dag hink en haar arm vas­hou. Hy het snags ge­hoor hoe die kin­ders huil en skree.

“In Ju­nie, in die win­ter­maand, het hy ge­sien hoe Be­skul­dig­de 1 (Ko­bus) die kin­ders met ’n tuin­slang nat­spuit en in kru taal op hul­le skree. Die kin­ders is toe vir on­ge­veer 20 mi­nu­te bui­te ge­los. In Ju­lie/ Au­gus­tus is Poppie se been ge­breek. In Au­gus­tus het die kleu­ter nog be­se­rings ge­had.

“Die na­dood­se on­der­soek het ge­toon dat die aan­ran­dings on­ge­loof­lik toe­ge­neem het na­dat die be­skul­dig­des Ora­nia ver­laat het.”

Bam het be­vind Ko­bus, Poppie se stief­pa, se weer­ga­we dat hy die kin­ders net ge­dis­si­pli­neer het as hul­le by­voor­beeld nie hul kos wou eet nie, is “on­re­a­lis­ties” en “’n swak po­ging om sy op­tre­de te reg­ver­dig”.

Oor Lou­isa het hy ge­sê: “Haar e­mo­si­o­ne­le uit­bars­ting en tra­ne ty­dens haar ge­tui­e­nis het my nie be­ïn­druk nie. Haar weer­ga­we dat sy niks ge­doen het nie om­dat sy Be­skul­dig­de 1 ge­vrees het, val weg na­dat die staat uit­ge­wys het hoe­veel ge­leent­he­de daar vir haar was om stap­pe te doen teen haar man of die kin­ders na ’n vei­li­ge plek te neem.”

Vol­gens Bam het al­bei be­skul­dig­des die plig ge­had om die kin­ders te be­skerm, tog het al­bei aan­ge­voer dat die an­der par­ty die kin­ders aan­ge­rand het – dit dui daar­op dat elk­een ge­weet het wat die an­der een doen. “Daar is geen be­wys dat een be­skul­dig­de die kin­ders teen die an­der be­skul­dig­de be­skerm het nie.”

Die saak is tot Fe­bru­a­rie uit­ge­stel vir von­nis­ver­rig­tin­ge.

Haar uit­bars­ting en tra­ne ty­dens haar ge­tui­e­nis het my nie be­ïn­druk nie. — REG­TER BAM OOR LOU­ISA

Ko­bus en Lou­isa Koe­ke­moer gis­ter in die hoog­ge­regs­hof in P­re­to­ria.

Fo­to’s: DEAAN VIVIER

Poppie van der Mer­we

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.