VF Plus gee al­mal in ka­bi­net ’n druip­punt

Volksblad - - Nuus - And­rea K­ü­sel

Die VF Plus gee al­le ka­bi­nets­le­de ’n F-druip­punt.

“Die re­de is dat die af­son­der­li­ke mi­nis­ters as le­de van die ka­bi­net kol­lek­tief ver­ant­woor­de­lik­heid moet aan­vaar vir hoe die land re­geer word en nie net skou­ers kan op­trek nie,” het dr. Pie­ter Groe­ne­wald, lei­er van die VF Plus, gis­ter­og­gend in ’n ver­kla­ring ge­sê.

Boon­op kry die ka­bi­net nie net ’n druip­punt nie, maar word ook af­ge­gra­deer tot rom­mel­sta­tus, lui die ver­kla­ring.

“Van­jaar is ge­ken­merk deur die ont­hul­lings van staat­skaping deur die Gup­tas en die ont­wy­ken­de ant­woor­de wat deur pres. Ja­cob Zu­ma in vra­e­ses­sies ge­gee is.

“Adj.pres. Cy­ril Ra­map­ho­sa, as hoof van re­ge­ring­sa­ke in die Na­si­o­na­le Ver­ga­de­ring, het geen stap­pe ge­doen of aan­kon­di­gings ge­doen wat Zu­ma meer ver­ant­woord­baar ge­maak het aan die wet­ge­wen­de ge­sag nie.”

Groe­ne­wald sê in die ver­kla­ring die ver­wag­ting was dat die ka­bi­net kol­lek­tief sou op­tree en Zu­ma sou aan­spreek om re­spek te toon aan die wet­ge­wen­de ge­sag.

“Niks is eg­ter ge­doen nie. Hier­deur het die mi­nis­ters toe­ge­laat dat een van die steun­pi­la­re van de­mo­kra­sie, naam­lik die skei­ding van mag­te, on­der­myn word en hul­le is daar­om net so skul­dig soos Zu­ma.”

Groe­ne­wald sê die­self­de geld vir die ont­hul­lings van staat­skaping.

Hy sê die ka­bi­net het daar­van ken­nis ge­neem, maar niks ge­doen om be­hoor­lik op te tree en stap­pe aan te kon­dig oor hoe dit op­ge­los gaan word nie.

“Die erg­ste was dat die mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid pro­beer het om die ge­tui­e­nis­lei­er in een van die on­der­soe­ke na staat­skaping om te koop om nie voort te gaan nie.”

Groe­ne­wald sê die le­de van die ka­bi­net moes eer­der ’n ge­sa­ment­li­ke ver­kla­ring uit­ge­reik het om hul­le te dis­tan­si­eer van die mi­nis­ter van staats­vei­lig­heid.

“Mi­nis­ters moet be­sef dat hul­le as le­de van die uit­voe­ren­de ge­sag nie kan skou­ers op­trek en sê dit is nie my de­par­te­ment nie en daar­om is ek nie ver­ant­woor­de­lik daar­voor nie.”

Dr. Pie­ter Groe­ne­wald

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.