Kon­gres nie­tig?

Cy­ril­men­se wil keer dat tak­ke Jhb toe gaan

Volksblad - - Nuus - Mi­ke van Rooy­en

Die ink op die no­tu­le van die ANC se Vry­staat­se pro­vin­si­a­le kon­gres eers­ko­men­de Son­dag en Maan­dag in Pa­rys gaan skaars droog wees, dan kan die hoog­ge­regs­hof in Bloem­fon­tein die kon­gres en al­le be­slui­te daar­op nie­tig ver­klaar.

Die 26 on­der­steu­ners van Cy­ril Ra­map­ho­sa as na­si­o­na­le lei­er van die ANC, wie se hof­aan­soek daar­voor ver­ant­woor­de­lik is dat dié kon­gres met ’n week uit­ge­stel is, be­plan vroeg in vol­gen­de week nog ’n aan­soek in die hoog­ge­regs­hof.

Hul­le gaan waar­skyn­lik ook vra dat die af­ge­vaar­dig­des van die meer as 300 ANC-tak­ke in die pro­vin­sie na die na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie op 16 De­sem­ber ver­bied moet word om dit by te woon.

Han­no Bek­ker van Bek­ker-pro­ku­reurs in Bloem­fon­tein (na­mens die 26) het gis­ter be­ves­tig ’n hof­aan­soek word vir vroeg vol­gen­de week be­plan.

Die pro­vin­si­a­le uit­voe­ren­de ko­mi­tee (PUK) van die ANC on­der lei­er­skap van Ace Ma­gas­hu­le en ook die na­si­o­na­le ANC het deur hul pro­ku­reurs ge­wei­er om in­lig­ting oor die af­ge­lo­pe tak­ver­ga­de­rings in die pro­vin­sie aan die 26 aan­soe­kers be­kend te maak. Hul­le is glo nie daar­op ge­reg­tig nie.

Hoe­wel Bek­ker geen ver­de­re in­lig­ting oor die in­houd van die be­oog­de aan­soek vol­gen­de week wou be­kend maak nie, is dit dui­de­lik uit sy brief waar­in hy in­lig­ting oor die by­wo­nings­re­gis­ters en ge­ou­di­teer­de lid­maat­skaps­lys­te van al die tak­ke van die ANC in die Vry­staat ge­ëis het, dat die hof ge­vra gaan word dat die pro­vin­sie se af­ge­vaar­dig­des na die na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie ver­bied moet word.

As dié hofak­sie slaag, kan dit N­ko­sa­za­na Dla­mi­ni-Zu­ma se kan­se vir die ANC-lei­er­skap op die na­si­o­na­le kon­fe­ren­sie ’n knou gee.

Die moont­lik­heid is sterk dat daar ook vir ’n ver­kla­ren­de be­vel ge­vra sal word dat die Vry­staat­se kon­gres nie­tig ver­klaar word.

Dit is dui­de­lik dat die 26 aan­soe­kers daar­op steun dat daar on­re­ël­ma­tig­he­de in baie meer van die tak­ver­ga­de­rings in die pro­vin­sie was as die 29 wat reeds deur die hoog­ge­regs­hof as on­reg­ma­tig ver­klaar is.

Boon­op word die pro­vin­si­a­le kon­gres ook nie op die­self­de da­tums ge­hou as wat in Ok­to­ber deur ’n hof­be­vel ge­las is nie. Die pro­vin­si­a­le be­stuur van die ANC het nog nie om die ter­sy­de­stel­ling van dié be­vel ge­vra nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.