SA moet nu­we lei­ers kies, sê Graça

Volksblad - - Nuus - – News24

Suid-A­fri­ka­ners moet ’n nu­we groep lei­ers kies wat saam­staan met dié wat die land be­vry het.

Só het oud­pres. Nel­son Man­de­la se vrou, Graça Ma­chel, op ’n ge­leent­heid ter ere van haar oor­le­de man, by die Nel­son Man­de­la-stig­ting in Houg­h­ton, Jo­han­nes­burg, ge­sê.

Man­de­la is Dins­dag vier jaar ge­le­de dood.

“Suid-A­fri­ka, dis in jou han­de. S­taan op en vat dit.

“Ons moet 2018 in­gaan met dui­de­lik­heid oor wie die nu­we lei­ers­korps is – een wat s­taan op die skou­ers van dié wat ons vier.”

Ma­chel het kort ná Sel­lo Ha­tang, uit­voe­ren­de hoof van die Nel­son Man­de­la-stig­ting, ge­praat, om uit te wys hoe die ANC Ma­di­ba se na­la­ten­skap in die steek ge­laat het.

Ma­chel het ge­waar­sku Suid-A­fri­ka­ners moet op­hou angs­tig wees oor die eu­wels van die sa­me­le­wing.

“Hier­die land is bui­ten­ge­woon. Dit kan nie ver­ge­lyk word met e­ni­ge an­der A­fri­ka­land nie.

“Die land moet ’n nu­we groep lei­ers na vo­re bring, want dit is in die land se DNS,” sê sy.

Ma­chel se toe­spraak gaan die ANC-ver­kie­sings­kon­fe­ren­sie, waar tak­ke bin­ne­kort ’n op­vol­ger vir pres. Ja­cob Zu­ma sal kies, voor­af.

Fo­to: LUCKY MAIBI

Graça Ma­chel

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.