Tui­nier son­der be­ne ver­stom, in­spi­reer

Woe­ker selfs op sy maag

Volksblad - - Voorblad - C­hané Uys

Waar daar ’n wil is, is daar ’n weg.

Chris­to S­try­dom, ’n in­wo­ner van die Ya­de-huis vir min­der­be­voor­reg­tes in Bloem­fon­tein, het al­bei sy be­ne ver­loor, maar is die af­ge­lo­pe ses maan­de be­sig om ’n pragtuin en groen­te­tuin hier te maak.

S­try­dom het in 2013 sy be­ne ver­loor weens kom­pli­ka­sies met sy ge­sond­heid, maar dit het glad nie sy wils­krag ge­knak nie. “Ek was ge­woond aan werk. Ek moes iets kry om my be­sig te hou.”

Hy het die eer­ste keer ’n hark op­ge­tel toe ’n me­de-in­wo­ner ’n paar blom­me aan die huis ge­skenk het en voor­ge­stel het dat dit da­de­lik in die tuin ge­plant moet word.

Dit was nes Pi­cas­so wat vir die eer­ste keer ’n verf­kwas op­ge­tel en die mag van sy han­de be­sef het. S­try­dom gly nou uit sy rol­stoel om tuin­werk te doen.

Sy tuin en groen­te­tuin in­spi­reer nou el­ke dag tal­le in­wo­ners en mo­to­ris­te, wat hom selfs op sy maag sien woe­ker. Daar word nou nie net blom­me ge­plant en gras nat­ge­maak nie, maar ’n groen­te­tuin met ta­ma­ties, soet­ris­sies en boon­tjies groei we­lig om die huis met sy 24 in­wo­ners te help.

Daar is ’n ge­seg­de in Ya­de om glad nie be­kom­merd te wees oor mô­re nie, maar Chris­to wil ook sorg vir mô­re – vir hom en sy me­de-in­wo­ners.

Daar word glad nie oor die ver­le­de op die per­seel ge­praat nie. Chris­to ver­kies ook om liefs nie oor sy le­we te praat voor­dat hy hier in­ge­trek het nie en wil daar­om nie sy ou­der­dom en van waar hy is, ver­klap nie.

“Dit was eers vir my baie sleg om son­der be­ne klaar te kom, maar ek het aan­ge­pas.”

Tuin­maak het hom ’n kans ge­bied om iets met sy han­de te doen en vo­ren­toe te kyk.

Al­mal in die sen­trum ver­rig take. Hy hark, gra­we, plant, skof­fel en lyk te­vre­de tus­sen die plan­te wat gras­groen en we­lig om hom s­taan.

“Ons weet dit is droog, maar ons het ’n boor­gat op die per­seel wat dit moont­lik maak om ons tuin te on­der­hou.”

El­len Moll, be­stuur­der van die Ya­de-sen­trum, sê hul­le is baie dank ver­skul­dig aan die Ya­de-ge­meen­skap vir hul on­der­steu­ning. Dit bied aan men­se soos Chris­to ’n heen­ko­me.

Fo­to: MLUNGISI LOUW

Chris­to S­try­dom, ’n in­wo­ner van die Ya­de­huis in Bloem­fon­tein, het al­bei sy be­ne vier jaar ge­le­de ver­loor. Dit keer hom eg­ter nie om in die groen­te­tuin te skof­fel nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.